Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Zindzi Mandela smoor pa se droom verder

Dit is betreurenswaardig dat Zindzi Mandela, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, in ’n tyd waar versoening so broodnodig is, uitsprake maak met so ’n fel rassistiese ondertoon.

’n Mens sou verwag dat oudpres. Nelson Mandela se kinders sy vaandel van versoening met eer sou dra.

En dat hulle sy droom van ’n verenigde Suid-Afrika sou uitleef.

Zindzi se uitsprake weerlê dit ongelukkig.

Sy, soos elke ander landsburger, het ’n verantwoordelikheid om van ons samelewing ’n beter plek te maak. Al wil sy dit voorhou dat sy eerder in haar ma se voetspore loop as dié van haar pa, het sy geen reg om wit mense op ’n internasionale platform uit te kryt nie.

Dat sy “verkeerd” aangehaal is of dat haar Twitter-rekening gekaap is?

Ons ken ongelukkig albei van hierdie agterdeure waarby die ANC-amptenare uithardloop as die vuur te warm word.

Al wat sy hierdeur bereik, is om haar pa se droom van ’n verenigde Suid-Afrika verder in die kiem te smoor.

Meer oor:  Zindzi Mandela  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.