Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Zindzi se afgesaagde twiets: Wat is die doel?

Ferdie du Preez, Oakglen, skryf: Ek verwys na die onpatriotiese tirade van Zindzi Mandela, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, dat wit mense gronddiewe en ongenooides in die land is.

Ek dink die arme vrou is die kluts heeltemal kwyt.

Duidelik het sy nog nie van revolusionêr tot versoener getransformeer nie. Sy verkeer onder die wanindruk dat transformasie iets is wat net met wit mense moet gebeur.

Die ANC-regering sweer hoog en laag by die transformasie van die blanke bevolking. Dit word selfs by sekere universiteite gedoseer. Kan al die anti-wit-aftakeling en verontregting wat daarmee gepaardgaan ook nie maar op hierdie hoogheiliges se agenda geplaas word nie?

Magda O’Neill, Pretoria-Noord, skryf: En daar word dit weer bewys dat ambassadeursposte uitgedeel word na gelang van wie jou ouers is.

Jy kan eet en drink op belastingbetalers se onkoste, want Suid-Afrika skuld jou iets, omdat jou pa iets was.

Sy sou beslis nie in Kopenhagen gesit het as haar van nie Mandela was nie.

James Young, Pretoria, skryf: ’n Mens sou verwag dat oudpres. Nelson Mandela se kinders sy spoor van versoening nougeset sou volg.

Sy dogter het egter hierdie illusie besweer met haar uitlatings in Kopenhagen. Die vraag wat onwillekeurig by my opkom, is: Wie probeer sy beïndruk met haar aanslag op wit mense?

Die voortdurende beskuldiging dat wit mense grond gesteel het, is so holrug gery dat dit onder wit gemeenskappe geen impak meer het nie. Ons verdedig dit nie eens meer nie. Die geskiedenis spreek vanself.

Sy sê sy het meer van haar ma se gene geërf. Waar dit haar gaan bring, sal net die tyd ons leer.

Daar was lanklaas soveel geesdrif onder alle bevolkingsgroepe om die skip van verval om te draai as onder pres. Cyril Ramaphosa se bewind.

Waarom wil jy dit kortwiek, Zindzi Mandela?

Meer oor:  Zindzi Mandela  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.