Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Zoeloeleër het dié ring gebruik

Dit was ’n besonder interessante rubriek deur prof. Fransjohan Pretorius (28.07) oor die Anglo-Zoeloeoorlog.

In die beperkte beskikbare ruimte het hy uitstekend daarin geslaag om van die vernaamste momente van die oorlog uit te lig.

Omdat hy ’n historikus en nie ’n antropoloog is nie, het die vermelding van ’n magiese artikel wat in die Zoeloe-etnologie en in hul vernaamste veldslae in die 18de en 19de eeu as ’n belangrike instrument gefigureer het, agterweë gebly.

Dit was een van die heel belangrikste nasionale ampsartikels in die sorg van die koningshuis, ’n magiese, ringvormige voorwerp wat gebruik is in die voorbereiding van die Zoeloeleër.

Engelse skrywers verwys na die inkatha yezwe as die “Zulu Royal Magic Hoop of Power”.

My magisterverhandeling is getiteld: Die kulturele simboliek van die Inkatha-ring by die Zoeloe (JP Bosman 1984).

Dit kan as ’n gegewe aanvaar word dat dié ring in die voorbereiding van die Zoeloeleër gebruik is voor die Slag van Bloedrivier, asook voor die Britse aanval op Ulundi in Julie 1879.

Sommige skrywers is oortuig daarvan dat daardie oorspronklike inkatha saam met die hele koninklike kraal verbrand is omstreeks 12:00 op 4 Julie 1879.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Anglo-Zoeloeoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.