Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Zondo moet sonder vrees optree

John Serfontein se opmerking (06.09) dat regter Raymond Zondo die publiek se vertroue in kommissies moet herstel, het baie verdienste.

Dis ironies dat in dieselfde uitgawe van Beeld melding gemaak word van die feit dat regter Frans Kgomo (wat wangedrag van lede van die Valke ondersoek) geïrriteerd is oor die feit dat hy nie die samewerking van staatsinstellings kry om sy werk na behore te doen nie.

Die Sereti-kommissie word allerweë as ’n totale klug deur Jan Publiek afgemaak weens die absurde bevindinge ná jare se ondersoeke en miljoene rande wat elders handig aangewend kon word.

Zondo moet uit die staanspoor wys dat die kommissie tande het en mense dagvaar om te kom getuig indien hulle dit nie vrywillig wil doen nie. Andersyds weet ons ook van die invloed wat Zuma en sy trawante nog steeds het en moet sulke getuies – indien nodig – in ’n getuiebeskermingsprogram opgeneem word.

Ek hoop regtig die Zondo-kommissie sal reg laat geskied aan die titel van ’n geregtelike kommissie wat staatskaping sonder vrees of vooroordeel sal oopvlek en dat alle begunstigdes strafregtelik vervolg sal word.

Meer oor:  My Stem  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.