Ek volg graag ’n storie wat verrassings inhou. Nee, ek kyk nie na TV-sepies nie. Die laaste was Dallas.
Maar die Zondo-sepie is interessante kyk- en luisterstof. Ek sou nie omgee om in regter Zondo se plek te kon sit om na al die skelmstreke te luister nie – en sy salaris te kry vir so ’n belewing en aanskouing van die drama nie. Hy is selfs soms verbaas aangaande wat hy hoor.
Dankie aan die reeks se skrywers, die ondersoekbeampte en getuienisleiers vir die aanbieding van die inhoud van die intrige.
Uiteindelik gaan ’n muis waarskynlik gebaar word. En baie mense het baie geld gekry. En baie mense gaan geld behou wat onregmatig gekry is.
Ek hoop regter Zondo verstom ons in sy uitspraak, eendag. En daar word iets daaromtrent gedoen.