Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Zuma bevind hom dalk in cul de sac

Daar is geen gronde vir Jacob Zuma en sy regspan om die konstitusionele hof se uitspraak te betwis nie.

Selfs sou daar nou by die hof twyfel bestaan oor sy skuldigbevinding en vonnis, bevind Zuma hom waarskynlik in ’n cul de sac.

Die konstitusionele hof se uitspraak is finaal, geen ander hof kan dit omverwerp nie en daar is geen appèl na ’n hoër hof nie.

Die konstitusionele hof moet verseker dat wette in ooreenstemming met die Grondwet en Handves van Regte toegepas word.

Indien die Zuma-saak buite hierdie regsvoorskrifte hanteer sou word, word die onafhanklikheid en respek vir die regbank ernstig bedreig.

Die publiek se vertroue in die regstelsel is van kardinale belang en daarom behoort die konstitusionele hof se uitspraak bekragtig te word.

Zuma en sy regspan se vertoë ten opsigte van sy gesondheid en mediese behandeling is faktore wat deur die departement van korrektiewe dienste gehanteer moet word wanneer hy in die gevangenis opgeneem word.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Konstitusionele Hof  |  Jacob Zuma  |  Briewe  |  Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.