Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Zuma en sy meelopers is baie eenders

Johann  Maarman in sy onlangse rubriek  (“JZ is ‘n misleide ANC-projektiel”)  noem Zuma ‘n huigelaar  en hy is reg.

Hy beskryf hoe Zuma sy volgelinge mislei het met sy leuens dat hy sy dag in die hof soek om sy naam skoon te maak. Maarman vertel ook hoe die integriteitlose man sy lojale ondersteuners oral in strategiese posisies aangestel het om hom te beskerm, soos Shaun Abrahams as hoof van die nasionale vervolgingsgesag.  

Wat hy nog kon en moes  bygevoeg het, is dat daar miljoene ondersteuners van Zuma is wat ook soos hy geen morele waardes het nie . Mense vir wie ‘n misdadige, korrupte bedrieër aanvaarbaar is as ‘n president.

Hoe op aarde kan hierdie vertrou word om ‘n opvolger vir Zuma te kies? Hulle wat skynbaar nie integriteit het nie, moet ‘n leier  met onkreukbare karakter en integriteit aanwys. 

Vir hulle sal nog ‘n Zuma heeltemal aanvaarbaar wees. O, wee!  O, wee!

Meer oor:  Izak Bergh  |  My Stem  |  Brief  |  Zuma  |  Lesers Sê
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.