Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nathan Trantaal
Nathan Trantraal: Bid vir plakstooters, al is jy minner bekeer as hulle
Nathan Trantraal

It isse horrible gevoel om gerop te wôd.

Jou bloed trek yt jou gesig en jy try om te anticipate waa hulle jou gan stiek. Dai’s te sê ás hulle jou stiek, as hulle nie jou skiet’ie, staan jy ’n kans as jy wiet hoe ommit te vat.

Al ­problem, of course, is jy kry nie practice in hoe om gestiek te wôd’ie, ­unless jy al ’n paa kee gestiek was.

Ek was nog nooit gestiek’ie.

Hulle het al ’n paa kee getry om my te rop, maa ek praat altyd my way yt ’it, ek einde altyd op inne situation waa ek virrie mense wie my nounet wil gerop et moet bid, al is ek nog minner bekeer as hulle.

Isse old-school trick, jy speel op hulle sentimentality. Baie gangsters het ’n ma of pa byrie hys wie bekeer is, wie heeltyd byrie hys sit en worry en bid vi hulle.

Maa die is tikkoppe, nie gangsters ’ie. Gangsters kan jy somtyds op depend om sentimental te wies, maa die tik vriet die part van jou brein op wat jy gebryk om moral decisions te maak. Tik is soes die US government innie UN, it het die power om al ’n tikkop se decisions te veto.

Hulle is ampe boe op my, hulle druk my tien’ie sportveld se fence, tien ’ie verroeste draad.

Die plakstooter hou sy hand onne sy sweater en repeat soese mantra: ‘Jy, ek stiek jou sopnat jy!’ Ek gloe hom ’ie heeltemal ’ie, wan as hy ’n mes gehad’et sal hy it gewys ’et en hy sal at least gemik’it om my te stiek, net om my bang en
pliant te hou.

Daa is twie van hulle en hulle praat boe oo mekaa, soes virgin boewe, ek dink die is hulle eeste kee wat hulle rop, die way die goed kan nervous wies.

Ek moet vi húlle kalm hou; is embarrassing. Ek wys hulle moet wag, wies rustig. Die geld is in my shorts se sak. Ek is bly ek het my phone byrie hys gelos. Wanne ek my hand in my shorts se sak druk, panic hulle asof hulle dink ek gan ’n gun yt my underpants hal. Die plakstooter priek nou nog hadder oo hoe hy my sopnat gan stiek. Ek gie hulle die tien rand wat ek op my het, hulle los my, stap weg.

Die een drai om en vra my waa ek bly. Ek lag en sê, Gan man, vi wat wil jy nou wiet waa ek bly. Ek wiet hoekom hy wil wiet, wan hy is van Valhalla Park en hy wil wiet of ek daavenaan is, wan hulle maak jou wit biene in Valhalla Park as jy jou eie mense rop.

Ek stap vêder, maa dan issit soes iets my sê, Kyk om. Ek isse bietjie vê, maa ek kan sien hulle is biesag met nog iemand. Ek drai trug en dink, Julle is twie en ôs is twie en julle is bangetjies.

Wanne ek ampe by hulle is, sien ek die man wie ek wil gan help’et isse poeliesman, twie poeliese eintlik, wie die tikkoppies afgetrek ’et omdat hulle suspect lyk. Die poelies staan klaa met die een se screwdriver in sy hand wanne ek opdaag. Die tikkop is biesag om te explain hoe hy net die screwdriver gan lien et by sy vriend. Om sy kas reg te maak. Ek wys hulle het my nounet gerop, die een het nog my tien rand, ek willit trug hê. Hulle deny ees dat hulle my ken, maa dan kom dai good ol’ police brutality yt en hulle slaan die geld yt hom.

Nou wil die plakstooter die anne een ontken, die een wie my soe mooi gevra ’et waa ek bly. Fortunately is ek daa ommie storie straight te hou.

Die poliesie maak met plakstooter soes Popeye met Bluto maak. Hy klim innie van met min further resistance, hy fly straight in. Ek sê dankie virrie poliesie en stap hystoe met ’n goeie gesindheid. Die van ry veby my, en soes hulle veby my ry, sit die plakstooter met sy gesig byrie mesh venste. Ek wai vi hulle met ’n smile op my gesig, asof alles wat nounet plaasgevind ’et ’n perfectly executed plan was.

Ek stap en dink by myself, Ek kannie gloe ek onthou om te wai nie en ek kannie gloe ek het onthou om te smile ’ie: ’t gan’ie storie bieter maak as ek it later vi my vriende vetel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.