Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nathan Trantaal
Nathan Trantraal: Daa isse bond tussen alle mense, omdat ôs mense is

Ken jy dai gevoel wanne jy vi jou ’n koppie koffie maak en drie snye brood en jy gan lê op jou sy, en jy gan nou ’n lekke boek lies en jy wiet al klaa niemand gan jou pla nie. En dan sit jy die koppie nee langs jou, en jy kan sien jy sit die koppie oppie edge vannie tafel, en jy kan sien die koppie gan val, maa jy sit it nog altyd nee.

En dan lê die koffie oorie boek, en die koppie lê orals. En dan issit boring, en it gan net nog meer boring raak, wan jy wiet jy moet die boeke nog trugniem
library toe, en dan gan die librarian jou ankyk asof dai jou thing is – jy staan net heeldag en gooi koppies koffie yt oo
boeke.

Anyway, dai is hoe it voel as ek ’n niewe writer discover, en ek sit met drie van dai writer se beste boeke, en ek geniet al kla myself in my kop, en dan vind ek yt die writer wasse racist, offe Zionist, of anti-Semitic, offe pervert, of maa net rêrag ’n petty pesoon wie se way van liewe heeltemaal at odds was met die grand themes wat hy address in sy boeke.

Hoekom issit important whether Céline ’n anti-Semite was? Of dat Pound ’n fascist was? Hoekom matter it dat Rimbaud ’n slave runner was?

Nou wiet ek al klaa ek gan ’n dag en ’n nag sit, en it relativize vi myself en ek gan myself remind dat art nie gan oorie mense wie it maak ie. God praat deu wie hy wil type of thing. Art is meer belangrik as dai.

Maa ek wiet hoekom it matter. It matter omdat art ’n conversation is tussen die artist en die audience, en die conversation veloo sy value assit net meant is vi ’n elite groep van mense van die artist se choosing omdat art democratic is.

It is supposed om oep te wies vi ienagge iemand wie willing is om te rise na die artist se challenge.

Ek hou van boeke, maa ek kan nêrens mee ’n boek kry wat ek wil lies ie. Soe as ek ’n boek kry wat ek wil lies, dan wil ekkit rêrag net lies. Ek willie hê it moet complicated wies ie. Ek wil net gan lê met my koppie koffie en lies, en ek wil hê niemand moet my pla nie. Maa iets gan my altyd pla, my conscience gan my pla, ek gan myself afvra: Is jy dan soe lief vi boeke, dat jy mense sal afstaan daavoo? Ek is lief vi diere, eintlik meer as vi mense, maa ek sallie ees mense afstaan vi húlle nie, wat nog van virre past time. Wat nog van virre phony wat wiet hoe om woorde bymekaa te las, maa niks wiet van die betekenis agte die woorde ie.

Daa isse bond wat exist tussen alle mense, net omdat ôs ammel mense is.

Isse bond wat based is op commonality, shared experience. Ôs ammel experience pain dieselfde, en joy dieselfde. Ôs relate an mekaa, whether ôs wil of nie, en dai is hoekom ôs van art hou, it gan oo die universal experience. It gan oo die shared adventure. En as jy boeke skryf, maa jy skryf it net om te relate an siekere mense, en as jy skryf oo jou pain, tewyl die Jews brand of swat mense liewe onne apartheid, en jy is okay dat dai mense in pain is, dan skryf jy oo pain sône empathy, en dan bedoel it jy vestaan nie pain nie. Wan as jy kan skryf oo happiness, tewyl daa mense is in jou land wie nog nooit free was om happy te wies’ie, en jy is okay daamee, dan skryf jy oo happiness sône empathy en beteken ’it jy vestaan nie wat happiness issie.

Is customary vi Jews en niggas om die laaste druppel wyn yt te gooi vi dié wattie mee daa issie, wan ôs contentment kan nooit complete wiesie. En as jy ’n
artist is en jy lossie ’n incompleteness oppie canvas ie, en as jy skryf en jou stories einde nie ammel op ’n ellipsis ie, dan wiet jy miskien van writing of painting, maa jy ken niks van thinking of feeling af ’ie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.