Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nathan Trantaal
Nathan Trantraal: Ôs moet die ou vrouens kom leer et van sag wies

Ek sit Christmasdag met my skoonbroe en kyk ’n film. Ek sit met ’n bottel witwyn, net vi my. Hy lam it yt met ’n halwe bottel whiskey. Ek het salted peanuts gekoep en hy het sy laities se pak Dorito’s gesteel, nou iet ôs dai.

Ek need om somtyds net ’n bietjie te chill, ôs altwie wêk had heel jaa. Einde vannie jaa maak ôs Christmas lekke, wan vi my was elke Christmas ’n battle toe ek klein was. Ek en Wakes is altwie hood niggas, born rugged. Wakes miskien ’n bietjie meer as my, wan hy het innie End Road grootgewôd. Ek het in Helderberg innie Lavis gebly. Helderberg en End
Road is een lang straat wat geseparate wôd deu ’n speed bump.

Helderberg wasse odentlike straat, as daa ’n bakleiery was het jy ees oo die speedbump geloep voo jy begin baklei – dai issie soot straat wat End Road was.

Ek en Wakes chill, die wyn slaan, en die film is klas. Die peanuts vreet, maa die chips is te veel. Ek sê vi Wakes: “Nai my broe, ’n man is nou vol van dai chips.” Maa ek sê oek (en ek moet vegiewe wod, maa ek is naturally nostalgic en melancholy, it vat my ienagge tyd even innie mirrel vanne action film): “Wakes, jarre my broe, sal jy gecheck et toe jy klein was jy sal ooit te veel chips kan iet? Klink dai nie vi jou soes ’n sonde nie, my broe?”

Wakes lag net, wan hy wiet wat ek bedoel. Hulle het eenkee ’n dag ge-iet, dan sê sy ma vi hulle: “Nou hou jy jou kak in tot môre, wan daa is niks mee om te vriet ná dié nie.”

Sy ma het oek vrou allien gestruggle. Hy het drie laities met my suste, en as jy my reg ken, wiet jy ek is kak lief vi my klein niefies en my klein niggies, ek treat hulle soes klein Boeddhatjies. Die main ding is dat ôs se struggles vi hulle eendag soes folk tales moet wies. Hulle moet maa net die stories ken, maa nie die stories self liewe nie. Hulle moet it nooit rêrag kan vestaan nie. Dai is waavoo ek en die nigger hie langs my ôs se rugte briek.

Wakes isse hardcore nigger, hy slaan al vanaf vyf jaa oud mense om, dat hulle innie sand lê. Ek is meer ie type wie gesit en teken het innie sand mette stuk tak en wonne oo hoe ôs yt die mess gan kom wat ôs se liewens was. Ek worry al soes ’n grootmens vanaf kleintyd af. Ek hou daavan as ôs ammel soe bymekaa is. As ammel hie is, dan wiet ek ammel is safe, en in my kop is jy net safe as jy hie by my is en ek kan vi jou sien. Soes ek sê, ek worry soes ’n ma met ses kinnes.

Die laities het ammel PSP’s gekry vi Christmas. Nou sien jy hulle net as jy hulle soek, maa jy hoor hulle glad ie, hulle is in dai games. Is eintlik al riede hoekom ôs soe lekke kan sit en movies kyk. Ek sê vi Wakes: “Jy wiet sieke die laities gan môre alwee dik wies van dai games, hulle is soe als gewoond hulle kannie concentrate vi te lank op ienagge iets ie.”

Toe ôs klein was, het ôs 8 bit games gehad. Hulle’t 3D games, en hulle is gewoond daa aan. Hulle is gewoond an als, hulle kom inne kame en wiet hulle behoot daa, niemand veskrie hulle nie, (unless jy gemoer wil wôd). Niemand briek hulle confidence af stukkie vi stukkie nie. Jy wôd na gelyste as jy praat, jy kry ’n present vi Christmas en my ma bak vi jou klomp koeke as jy vejaa, en as daa geld is, kry jy birthday presents.

Ek sê vi my nigga: “Ôs het dai gedoen my broe, niemand het vi ôs gelee hoe jy moet wies met jou laities ie. Ôs se ma’s het net gewiet van sôg. Ôs moet die ou vrouens kom leer et van sag wies, ôs het ôsself dai gelee.”

Ek wys hom: “2015 wasse ’n bad jaa virrie wêreld, die soot wat jou siel yt trek, maa it wasse goeie jaa vi ôs, wan ôs einde it reg. Ôs einde it saam, met Christmaskos, ’n film en ’n odd innie bank wat ek eenkant gehourit virrie niewe jaa.”

Met dai sit ek trug en los ie aand in Tom Cruise se hanne. Hy moet nou vi ôs entertain, ôs deserve it.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.