Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nathan Trantaal
Nathan Trantraal: Uber-atheist is soos om ’n Liverpool-fan te haat

Ek issie ees ’n klein bietjie reli­gious ie.

Ek hettie klein rituals wat ek doen nét as dinge vekeed gannie. Toe ek 16, 17 en 18 was, het ek lang theological discussions gehad met mense oo religion, om vi hulle te wys hoe vekeed hulle ­beliefs is.

Maa ek doen ittie mee nie. Die waarheid is ek gie nie genoeg om oo anne mense om hulle die lig te wil wys ’ie. Ek wil meestal hê hulle moet my aflos. Dai is my problem met die niewe uber-atheist, hulle wiettie van anne mense aflos ie. Hulle wil die heeltyd jokes maak van die Prophet Mohammed en van Jesus. Hulle wil die heeltyd vi religious mense die ­history van hulle religions lee.

Ek hou nie van dai nie, wan as jy dai doen, remind jy my van ’n Liverpool FC-fan, wie die heeltyd vi ’n Manchester ­United-fan sy sokke-geskiedenis wil lee.

Lat ek dié once and for all clear maak: Ek haat ’n Liverpool-fan, ôs kan nooit en sal nooit vriende wiessie. Presies omdat hulle eintlik undercover Manchester ­United-fans is, hulle moet wies, hulle kyk ammel United se games, en hulle ken die club bieter as jou wie die club support.

Die fanatical atheist issie selfde. Hy is mal oo feite, mal oo nommes en datums en data af te rammel vi jou asof ienagge iemand omgie.

Asof jy eendag gan veby kom, dan gan hy nou gou one-two-three vi jou alles wat jy in gloe vanaf drie af deconstruct. En net daa gan jy besef, awesome, ek het nog nooit ’n moment’s doubt gehad oo my religion ie, maa jy het my nou con­vince. It gannie gebeu nie, niemand dink soes dai nie. Mense is fragile creatures
inne hostile environment. Is swaa omme mens te wies as jy in niks gloe nie. Vra vi my, ek gloe in niks. Ek panic heeldag en nag, ek is overwhelmed deu hoe random life kan wies meeste vannie tyd.

Meeste mense gloe innie religion wat hulle gekry et innie hys wat hulle opgegroei et in. Jy wôd gelee om in iets te gloe. Dieselfde way jy gelee wôd om jou hanne te was en om asseblief en dankie te sê.

It wôd reflexive. En as jy ’n adult is en jy wêk heeldag had, staan heeldag op jou voete – dan wil jy an die einde vannie dag hystoe kom en sit in jou stoel, en
die football kyk en in jou religion gloe, whether it Catholic, Islamic, Christian of what­ever is.

Jy hettie krag om te dink oo philosophical of scientific questions ie. As jy gan dink oo dai goed, gannet rêrag net wies as jy wil dink oo dai goed. Is orait vi jou om dai goed te dink as jy baie geld en baie tyd het.

It is soes psychology. Ek is certain daa moet sieke baie benefits wies daa an ­omme psychologist te sien, maa my pa was forced een kee omme psychologist te gan sien (lang storie).

Hy het net een session gemaak. Want hy het die psychologist angekyk, wie in sy late twenties was. En my pa het vi hom gesê: “Jy is ’an nog ’n laitie, hoe gan jy vi my vetel vannie liewe.”

Mense is meer complicated assie facts ennie data. Mense need often meer as dai. En in either case, issie ding wat my heeltemaal afsit van iemand soes Richard Dawkins for instance, dat hy sê evolu­tion isse fact, wan it issie. It isse baie goeie theory, as jy begin sê it is meer as dai, begin jy klink soese religious fanatic. Jy klink soese undercover preacher, ’n Liverpool-fan. Dink daaoo, issie worse ding watte mens kan wies.

Freedom of religion en freedom of speech is beautiful goed al twie, ennie twie goed kan maklik coexist.

Omdat mense nie robots issie, mense is nuanced, net omdat jy iets gloe, mean it ie jy moet anne mense force ommit te gloe nie. En as jy nié in iets gloe nie, dan sê jy is orait ek gloe nie in dai nie. Daa is niks riede om te baklei daaoo nie.

Niemand benefit yt dai fight ie. Ennit is ridiculous, plain stupid.

It is soes om iemand te haat omdat hy die vekere sokke-team support.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.