Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Piet Matipa
Miskien drink hy net 'n bier met pelle

Hy verneuk jou. Heel waarskynlik . . .

Gaan kuier hy saam met vriende? Jammer ek lag. Dis nie snaaks nie. Hy kuier seker gereeld saam met die boys nè.

Nee, Tjomma. Ek sê vir jou, hy is by sy skelmpie. Hulle is besig om dokter-dokter te speel.

Dit help nie jy bel een van sy pelle nie. Hulle gaan vir hom cover.

Jy hoef my nie te glo nie. Moet net nie verbaas wees nie.

Bel jy hom nou. Okei, ek wag. Wat sê hy? Daar is musiek in die agtergrond?

Seker dat die bure hulle nie hoor nie. Komplekse is mos streng oor geraas – waarskuwings word soos rooi kaarte uitgedeel.

Sy is waarskynlik besig om sy nek te soen terwyl jy met hom praat. Haar hande vroetel deur sy hare.

En hulle sê mans weet nie hoe om te multi task nie. Hulle is meesters daarin.

Sy stem is kalm, maar sy hart breek sy bors. Sy vel brand van die opwinding. Dis soos ’n dwelm. Hy is hoog op haar.

Jou stem oor die foon, haar hande op hom, wat sy lyf bekruip . . .

Hy hou daarvan dat jy nie weet nie. Hy beheer jou persepsie oor hom. Wat sê hy nou?

Mis hy jou? Natuurlik sal hy dit sê. Hoekom sê jy dit terug? Nou weet hy jy glo hom. Dit maak dit nog lekkerder.

Hy gooi seker nou die foon neer en gryp haar. Sy giggel soos hy oor haar kombers.

Sy weet al lankal van jou. Weet hoe jy lyk. Hy praat baie oor jou by haar. Kla. Sy kan jou vertel presies wanneer julle baklei het.

Sy weet wat jou irriteer van hom en wat hom frustreer van jou. 

Sy kry hom jammer. Sy het jou waarskynlik al gegroet of gedruk.

Jou gekomplimenteer oor die rok wat jy aan het. Sy het waarskynlik voorgestel dat hy daai rok vir jou koop.

Jy het haar een of twee keer gesien. Jy dink sy is oulik. Gawe meisie.

Jy het waarskynlik gewonder hoekom niemand haar nog opgeraap het ni. Min wetend dat iemand reeds het.

Jy ken hom. Hy kom saans huis toe. Soen jou op die wang. Vra jou oor jou dag.

Julle eet lekker saam. Drink ’n glas wyn. Hy vertel jou in die fynste besonderhede oor sy dag.

Dis deel van sy magspel. Hy wil hê jy moet glo dat jy alles oor hom weet. Jy dink hy hou daarvan as jy sy gesig vryf, jy ken hom mos. Sy weet hy hou daarvan om op die bors geslaan te word.

As jy uitvra oor die merk, sê hy vir jou dit was een van sy pelle.

Hy noem selfs die pel sê naam. Jy kan die pel bel. Die pel sal bevestig, want die pel weet van haar.

Hy het jou bestudeer.

Hy maak jou gelukkig genoeg. Genoeg maak jou tevrede. Genoeg is vir hom te min.

Botter aan die een kant is voorspelbaar. Voorspelbaar is vervelig.

En hulle sê mans weet nie hoe om te multi task nie. Hulle is meesters daarin. 

Maar hei, wat weet ek . . . Miskien drink hy net ’n bier met pelle . . .

Meer oor:  Piet Matipa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.