Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Podsendings
LUISTER: Daar ís blydskap selfs in die aangesig van die dood
Die Blydskap-projek

In die laaste aflewering van die Blydskap-projek gesels Johannes de Villiers oor die dood en hoe dié somber tyd eintlik ons oë kan oopmaak.

Dit klink soos ’n cliché uit ’n spanningsverhaal, maar my vriend John was bo in ’n sneeubedekte bergkloof en dae se stap van ander mense vasgekeer toe hy besef het dat hy geen selfoonsein het nie.

Sy motor het in die sneeu vasgeval en die temperatuur was vinnig aan die tuimel.

John, ’n Amerikaner, was in die deelstaat Arizona. Ek het hom geken, deels deur gemeenskaplike vriende en deels omdat hy jare tevore in Zimbabwe skoolgehou het.

As biologie-onderwyser het John Arizona se ysige winterberge besoek om ’n gepaste plek vir sy leerlinge se velduitstappie die volgende somer te vind.

Johannes de Villiers.
Johannes de Villiers.

John en sy vyfjarige seun, Julian, was saam in sy viertrekvoertuig, ’n paar uur die kloof in, toe die aarde onder hulle kraak. Hy het besef dat hy reeds kilometers ver op ’n dun yslaag gery het wat bo-oor die sagte sneeu gevorm het. Toe die ys kraak, het sy motor in die sneeu weggesak – met geen hoop om daar uit te kom nie.

En so sit John en Julian toe in die sneeu. Geen selfoonsein. Geen kos. Nie eens ekstra warm klere nie. (Hy het verwag dat hulle weer teen sononder terug op die dorp sou wees.)

Die eerste paar uur het hy die voertuig elke nou en dan vir so vyf minute aangesit om hulle warm te maak. Maar mettertyd het die battery die gees gegee. Dit was -26 °C buite.

Die volgende oggend het John die woorde SOS met klippe in die sneeu naby die motor uitgepak. Maar die bome aan weerskante van die pad was ruig en dit was onwaarskynlik dat dit uit ’n vliegtuig bespied sou kon word.

Teen die tweede dag het die koue al dieper in hul lywe ingeklim. John het begin hallusineer.

Hy het briewe aan sy vrou en sy ander kinders geskryf om afskeid te neem.

Toe dit weer donker raak, het hy met sy seuntjie gepraat. “Ek is jammer dat jou lewe so gou verby moet wees, maar ten minste is ons saam.”

En toe sluit hulle hul oë.

Vir oulaas.

Ek spot soms dat ek dikwels met mense gesels wat dood is. Ek roep nie geeste op soos Marietta Theunissen nie. Maar as navorsing vir die twee boeke wat ek die laaste jare geskryf het, het ek gesels met ’n hele paar mense wat op die drumpel van die dood omgedraai het.

Die ervaring het hulle almal ingrypend verander.

’n Reddingsgeselskap het John en Julian wakker gemaak. Nadat hy reeds van die lewe afskeid geneem het, is dit onverwags aan hom teruggegee.

Sedertdien is alles anders.

Hy lewe nou in beseringstyd, sê hy. Hy kan vir niks meer ondankbaar wees nie. Of hy nou sy leerlinge se huiswerk merk, of gras sny – elke oomblik is ’n geskenk.

Toe ek laas by hom gekuier het, het hy my na ’n botaniese tuin geneem om my die grondeekhorings en die vuurvliegies te wys. Om die lewe deur sy oë te sien is om in verwondering te staan.

“Hierdie lewe wat vir ons gegee is, is so waardevol, selfs meer as wat ons in ons wildste verbeelding kan raai,” het hy vir my gesê. “Dis baie onwaarskynlik dat ons in die eerste plek op aarde is, dat ons elke oggend kan wakker word, asem kan haal, ons voete op die grond kan plaas, die wind in die boomtakke kan sien. Elkeen van die oomblikke is bitter aangrypend, selfs al is dit alledaags.”

Ons almal weet ons gaan eendag sterf, maar as jy dit die dag aan jou bas gevoel het, dan is daar meteens iets dringends aan jou lewe. Jy wil niks meer misloop nie.

Vandeesweek gesels ons in die Blydskap-projek oor die dood en oor hoekom dié somber realiteit die vermoë het om ons oë vir enorme skoonheid en dankbaarheid oop te maak.

Wat is ’n podsending?

’n Podsending is soos ’n radioprogram waarna jy aanlyn kan luister.

LUISTER NA EPISODE 1

In die eerste aflewering van die Blydskap-projek vertel Johannes de Villiers van die klein aanpassings wat jy kan maak om jou lewe met ’n bietjie meer vreugde te vul.

LUISTER NA EPISODE 2

In die jongste aflewering van die Blydskap-projek, gesels Johannes de Villiers oor die kuns van mindfulness en hoe om jou “vriende” elke dag rondom jou raak te sien.

LUISTER NA EPISODE 3

In dié aflewering van die Blydskap-projek, vra Johannes de Villiers: Is enkellopendes régtig ongelukkiger?

LUISTER EPISODE 4

In dié aflewering van Die Blydskap-projek, gesels Johannes de Villiers met Ivor Price oor die mag van vriendelikheid.

LUISTER NA EPISODE 5

In die jongste aflewering van Netwerk24 se podsending, Die Blydskap-projek, gesels Johannes de Villiers oor praktiese wenke om gelukkig te bly as ander mense storms in jou lewe veroorsaak.

LUISTER NA EPISODE 6

Daar ís blydskap in die grysskap, verduidelik Johannes de Villiers in die jongste episode van Die Blydskap-projek. Luister saam om uit te vind wat die geheim van gelukkig oudword is.

LUISTER NA EPISODE 7

Wat beteken blydskap vir kinders? Dís die vraag wat Johannes de Villiers in die jongste episode van Die Blydskap-projek beantwoord.

Meer oor De Villiers se nuwe boek

“Dit help nie jy wag totdat jou lewe perfek is voordat jy jouself blydskap gun nie. Maak nóú ruimte vir blydskap, kom tuis in jou vel ongeag waar jy in jou lewe is. En kyk dan hoe dinge in plek begin val.”

Lewensvreugde is moontlik vir elkeen. Met praktiese wenke – van meditasie tot stappies in die buitelug – en raad deur kenners wys hierdie boek hoe dinge soos leefstyl, ouderdom, huwelikstatus, inkomste en selfs jou hond jou luim beïnvloed. Johannes de Villiers, ’n kenner van meditasie en mindfulness, het vreugdevolle mense op onverwagse plekke gaan opsoek – in kloosters, in ’n voormalige oorlogsone, in ’n Suid­Afrikaanse tronk – en dié mense gevra hoe hulle dit regkry om gelukkig te wees. Elkeen kon ’n blyer blik op die lewe aanleer: Jy kan ook.

“’n Wekroep tot deernis, stilte én aksie … Hierdie boek kan werklik jou lewe verander.” – Erns Grundling

Wil jy die boek koop?

Blydskap - Mindfulness-wenke vir ‘n vreugdevolle lewe is teen R275 by alle goeie boekwinkels te koop.

Lesers kan dit ook aanlyn by TakeAlotUpper Case BooksExclusive Books en Loot koop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.