Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Podsendings
LUISTER: Die towermag van vriendelikheid
Die Blydskap-projek

In die jongste aflewering van Die Blydskap-projek, gesels Johannes de Villiers met Ivor Price oor die mag van vriendelikheid.

Leer in ’n ander Suid-Afrikaanse taal hoe om te sê: “Jy lyk mooi vandag.” Sê dit links en regs vir vreemde mense. Sê dit selfs vir mense wat nie mooi is nie, dit sal hulle laat glimlag en dan gaan hulle outomaties mooier lyk. (In Xhosa is dit: “Umhle namhlanje.”)

Koop ’n sakkie appels, hou dit op jou motor se passasiersitplek en deel dit aan bedelaars by verkeersligte uit. Nie almal gaan dit waardeer nie, maar soms gaan ’n bedelaar so breed vir daardie appel glimlag dat dit gaan lyk asof hul tande uit hul mond kan val.

Gee vir ’n kelner ’n groter tip as wat jy hoef. Die meeste kelners is nie ryk mense nie. As jy kan bekostig om uit te eet, is die kans goed jou paar rand kan hulle meer help as vir jou.

Johannes de Villiers.
Johannes de Villiers.

Hang snags ’n handdoek oor jou bad se rand sodat spinnekoppies en ander goggas wat in jou bad val, daarlangs uit kan klim sonder om terug te gly.

Vertel vir die base by jou werk van ’n kollega se harde werk. Dis een ding om jou kollega self vir sy of haar werk te prys, maar dis ’n heel ander ding om hul baas ook daarvan te vertel.

Maak ’n skenking aan ’n stigting wat malaria beveg. Sommige ekonome sê dis waarskynlik die goedkoopste manier om ’n lewe te red.

Wanneer jy met iemand van ’n inbelsentrum praat – veral een van daardie inbelsentrums wat ’n mens net bel as jy kwaad is, soos jou selfoondiensverskaffer of die verkeersdepartement – komplimenteer hulle op hul vriendelikheid en wens hulle ’n mooi dag toe.

Los ’n briefie onder die ruitveër van ’n vreemdeling se motor. Skryf iets buitensporig opbeurend.

“Daar is geen enkele logiese rede waarom vandag nie die beste dag van jou lewe kan wees nie.”

Of so iets.

Gaan laai ’n paar pakke toiletpapier by die nagskuiling af. Almal skenk altyd vir die nagskuiling kos en klere, maar niemand dink ooit daaraan om vir hulle toiletpapier te skenk nie. Haweloses het ook boude.

As jy jou kleingeld van die kassiere by die supermark ontvang, moenie net “dankie” mompel terwyl jy in jou sake grawe nie. Kyk die kassiere in die oë en sê: “Baie dankie dat jy my gehelp het.” (En wees ekstra vriendelik as die kassiere onvriendelik was.)

As jy op ’n Sondagmiddag in die platteland tussen twee dorpe ry en jy sien ’n arm ou tannie wat langs die pad stap, is sy waarskynlik op pad terug na haar huis óf ná kerk óf ná werk iewers. Gee haar ’n lift. Ou tannies is feitlik nooit gevaarlik nie.

As jy elke keer dat jy met die sypaadjie langs stap een stukkie rommel optel en in die naaste vullisdrom gooi (’n tjipspakkie of ’n Coke-blikkie), gaan jy binne ’n jaar letterlik kilogramme se rommel van jou dorp se strate verwyder.

As jy ’n artikel, rubriek of boek gelees het waarvan jy hou, stuur vir die skrywer ’n boodskap om hulle te laat weet. Skrywers het ook gevoelens.

Soms doen jy iets gaafs en het beur dit ander mense op. Soms doen jy iets gaafs en beur dit jou op. In albei gevalle is dit ’n goeie ding om te doen.

**In hierdie podsending maak Ivor Price verwysing na hoe gereeld hy reis. Die podsending is voor die COVID-19-krisis opgeneem.

Wat is ’n podsending?

’n Podsending is soos ’n radioprogram waarna jy aanlyn kan luister.

LUISTER NA EPISODE 1

In die eerste aflewering van die Blydskap-projek vertel Johannes de Villiers van die klein aanpassings wat jy kan maak om jou lewe met ’n bietjie meer vreugde te vul.

LUISTER NA EPISODE 2

In die jongste aflewering van die Blydskap-projek, gesels Johannes de Villiers oor die kuns van mindfulness en hoe om jou “vriende” elke dag rondom jou raak te sien.

LUISTER NA EPISODE 3

In dié aflewering van die Blydskap-projek, vra Johannes de Villiers: Is enkellopendes régtig ongelukkiger?


Meer oor De Villiers se nuwe boek

“Dit help nie jy wag totdat jou lewe perfek is voordat jy jouself blydskap gun nie. Maak nóú ruimte vir blydskap, kom tuis in jou vel ongeag waar jy in jou lewe is. En kyk dan hoe dinge in plek begin val.”

Lewensvreugde is moontlik vir elkeen. Met praktiese wenke – van meditasie tot stappies in die buitelug – en raad deur kenners wys hierdie boek hoe dinge soos leefstyl, ouderdom, huwelikstatus, inkomste en selfs jou hond jou luim beïnvloed. Johannes de Villiers, ’n kenner van meditasie en mindfulness, het vreugdevolle mense op onverwagse plekke gaan opsoek – in kloosters, in ’n voormalige oorlogsone, in ’n Suid­Afrikaanse tronk – en dié mense gevra hoe hulle dit regkry om gelukkig te wees. Elkeen kon ’n blyer blik op die lewe aanleer: Jy kan ook.

“’n Wekroep tot deernis, stilte én aksie … Hierdie boek kan werklik jou lewe verander.” – Erns Grundling

Wil jy die boek koop?

Blydskap - Mindfulness-wenke vir ‘n vreugdevolle lewe is teen R275 by alle goeie boekwinkels te koop.

Lesers kan dit ook aanlyn by TakeAlotUpper Case BooksExclusive Books en Loot koop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.