Hoe kan jy die beste maak van elke dag, die prag van verskillende seisoene en die glorie van die alledaagse raaksien?
Die vermaaklikheidskunstenaar Nataniël sal hierdie vrae en nog meer beantwoord in ’n reeks podsendings, Kwessie van ’n dag. Hy sê die podsendings is ’n gesprek oor ’n koppie tee, of in die kar op pad werk toe, waar hy verduidelik wat is die wondere, die geskiedenis, die probleem en die lekker kos van die dag.
“Ek gaan 15 minute uit my dag met jou deel - my kennis en my vreugde. Ek glo as jy ’n koninkryk wil bou dan begin dit in die detail. My lewe bestaan uit die kleinste detail,” sê Nataniël.
LUISTER: EPISODE 9
LUISTER: EPISODE 8
LUISTER: EPISODE 7
LUISTER: EPISODE 6
LUISTER: EPISODE 5
LUISTER: EPISODE 4
LUISTER: EPISODE 3
LUISTER: EPISODE 2
LUISTER: EPISODE 1
WANNEER VERSKYN NUWE EPISODES?
Nuwe episodes sal op Dinsdae en Vrydae vir die volgende vyf weke opgelaai word. Die episodes sal op die webtuiste bly, sodat jy ook na die vorige episodes kan gaan luister. Gaan na Stemme op die navigasie en klik op podsendings.
STUUR JOU VRAE IN
Mense is welkom om vrae in te stuur oor die kwessies waarmee hulle worstel of waaroor hulle wonder.
Stuur jou vrae na zilke.prinsloo@netwerk24.com.