Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Podsendings
LUISTER: Hiep-hiep-hoera aan Lizbeth en kie!

Koninklike knieknik
Koningin Elizabeth vier Dinsdag haar 94ste verjaarsdag. Arlene Prinsloo kyk na hoe dié monarg haar verjaarsdag te midde van die koronapandemie gaan vier en watter ander koninklikes in Europa ook onlangs kersies uitgeblaas het.

Hiep! Hiep! Hoera! April is ’n maand vol koninklike verjaardae!

Die eerste verjaardag waarna ek vreeslik uitgesien het, is dié van koningin Margrethe van Denemarke. Margrethe, oftewel Daisy soos sy genoem word, het op 16 April haar 80ste verjaardag gevier. Dit sou net soos met haar 75ste verjaardag ’n spoggerige tiara-aand in die Fredensborg-paleis gewees het.

Toe nie! Die mooiste tradisie, om vroegoggend vir die koningin voor die paleis te sing, het op ’n kleiner skaal die koronavirus-pandemie oorleef.

Howelinge in die paleis het haar in ’n binnehof in die somertuiste van die Deense koninklikes toegesing. Sy het – soos die tradisie betaam – in ’n lang outydse nagkabaai, met haar grys hare teruggekam en met ’n haarband vasgemaak, geluister.

Probeer jou indink dat koningin Elizabeth só sou doen!

Maar die Deense koningshuis is glad nie so sedig en preuts soos die Britte nie!

Maar ondanks hul verskillende maniere van heerskappy, is daar ’n goue draad wat Daisy en die ouer Elizabeth – wat op Dinsdag 21 April 94 is – verbind. Albei het op ’n jong ouderdom die troon bestyg, en albei het getrou met mans met sterk persoonlikhede, maar nie een van die twee koninginne het hul mans die titel “koning” gegee nie! (Net soos koningin Victoria.)

Al het Margrethe Donderdag haar mylpaal-verjaardag sonder haar gesin gevier – prins Hendrik is in 2018 dood – is sy met lieflike videoboodskappe verras. Die een video was van haar kleinkinders en is op die koningshuis se sosialemediablad gedeel. Die tweede video is een waarop sowat 100 000 Dene saamsing.

Maar wat dié koninklike bewonderaar se hart warm laat klop, is ’n video deur ’n hele paar monarge – onder wie die Belgiese, Spaanse en Nederlandse koningspare. Die meeste van hulle het haar op haar 75ste verjaardag ná ’n kanonsaluut onder haar slaapkamervensters toegesing.

Al kan ek g’n woord Noorweegs, Sweeds of Deens verstaan nie, was die boodskap duidelik. Tante Daisy is geliefd. Sommer baie! Ek wil sommer saam met kroonprinses Victoria, haar man Daniel en twee kinders saamskree: Hoera! Hoera! Hoera!

In België het koning Philippe se groot 6-0 stil-stil verbygegaan. Hy sou natuurlik in beter en gesonder dae ook in Denemarke op tante Daisy se verjaardagfees gewees het.

Maar Covid-19 krap ook konings en koninginne se lewens deurmekaar.

Net soos Margrethe was sy kop allermins by partytjies, maar meer by die lot van sy en die wêreld se mense, veral diegene wat ’n geliefde in die pandemie verloor het.

“Dié beproewing sal ons saam oorwin,’’ het hy ná al die gelukwensings in sy bedankingsboodskap gesê.

En koningin Elizabeth wat haar 94ste verjaardag op 21 April vier?

Soos altyd is die queen se verjaardag p-r-i-v-a-a-a-t, maar vanjaar gaan dit nog stiller as gewoonlik wees.

Sonder ’n kanonsaluut.

Selfs haar tweede verjaardag, die tradisionele Vaandelparade, koetsritte en verskyning op die Buckinghampaleis se balkon is afgestel. En ja, die koningin mag as Britse monarg haar verjaardag twee keer vier. Lekker, nè!

Maar vir Elizabeth, wie se radar so sensitief op haar volk ingestel is, sal dit nie saakmaak nie. Sy is, net soos ons almal, tans “koning” in haar eie kasteel met die spreekwoordelike ophaalbrug opgetrek. ’n Gewaande beskutting teen ’n vyand wat niemand eintlik kan beveg nie.

  • Kyk binnekort uit vir ’n nuwe aflewering van Netwerk24 se podsending Koninklike Knieknik.

Arlene Prinsloo, webredakteur van Netwerk24 en kenner van alles koninklik. Sy was ’n joernalis vir Beeld, ’n uitlegkunstenaar by BeeldDie Burger en Rapport het daarna haar loopbaan in die digitale nuuswêreld begin as webredakteur van Netwerk24.

Arlene is Suid-Afrika se voorste kenner van die koninklikes en skryf gereeld berigte en rubrieke oor die koninklike familie vir Netwerk24. Sy het ook Engeland toe gevlieg om in die skare te staan vir prinses Diana se begrafnis, asook vir die troues van prins Harry en prins William.

Luister ook: Totsiens, maar nie vaarwel vir Harry en Meghan

Dis totsiens, maar nie vaarwel nie vir Harry en Meghan wat vandeesweek amptelik van hul pligte as koninklikes weggestap het. In dié aflewering van Koninklike Knieknik kyk Arlene Prinsloo terug na al die draaie wat hul verhouding al geloop het en die toekoms in Los Angeles wat op dié twee wag.

Luister ook: Wanneer gaan die koningin haar stilte oor Covid-19 verbreek?

Covid-19 het die koninklike familie getref nadat prins Charles positief vir die virus getoets is. In die jongste aflewering van Netwerk24 se podsending, Koninklike Knieknik, vra Arlene Prinsloo: Wanneer gaan die koningin haar stilte oor dié dodelike pandemie verbreek?

Luister ook: Die prins en die seksskandaal

Prins Andrew het in die binnekamers van die superryk én veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein gekuier. Wat presies weet Andrew en hoekom wil hy nie praat nie? In die jongste aflewering van Netwerk24 se podsending, Koninklike Knieknik, vertel Arlene Prinsloo meer.

Luister ook: Die doodsnikke van Harry en Meghan

In die eerste aflewering van Netwerk24 se podsending Koninklike Knieknik praat Arlene Prinsloo oor Harry en Meghan en hul besluit om hul lewens as koninklikes agter te laat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.