Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Podsendings
LUISTER: Wanneer gaan die koningin haar stilte oor COVID-19 verbreek?

Koninklike knieknik
Covid-19 het die koninklike familie getref nadat prins Charles positief vir die virus getoets is. In die jongste aflewering van Netwerk24 se podsending, Koninklike Knieknik, vra Arlene Prinsloo: Wanneer gaan die koningin haar stilte oor dié dodelike pandemie verbreek?

’n Kasteel is ’n plek van veiligheid, en daarom is dit gerusstellend, as ’n mens enigsins die woord in die korona-pandemie kan gebruik, om te weet dat sowel koningin Elizabeth as prins Philip veilig in Windsor-kasteel is.

Tog, met die nuus dat die Britse troonopvolger, prins Charles, die hoogs aansteeklike koronavirussiekte het, is die kommer daar oor of Brittanje se langsregerende monarg by haar seun kon aangesteek het.

Kommer oor die koningin het onmiddellik by my opgevlam, maar Clarence House se verklaring was skaars op die nuusleser se lessenaar, toe laat weet Buckingham-paleis dat alles in die haak is met die koningin. En die wonderlike sin: Geen verdere kommentaar nie. Met ander woorde: Julle kan bespiegel, maar ons as die paleis rep nie verder ’n woord nie. The Queen has spoken!

Arlene Prinsloo
Arlene Prinsloo

Kyk, as daar een mens is oor wie se gesondheid ek nie bekommerd is nie, is dit prins Charles. Hy is ’n jong 71-jarige. Leef al jare organies, rook nie en is fiks. Hy het sy ma laas op 11 Maart gesien by die diens in die Westminster-abdy ter ere van die Statebond.

Charles was ná al die jare se gewoonte van ’n hand uitstrek en mense groet, nog ewe vinnig om met sy twee palms teen mekaar met “namaste” te groet. Nou het hy die virus. Maar wat van sy ma?

Dáár is een mens oor wie se gesondheid ’n mens nie wil bespiegel nie – die koningin.

Groter as lewensgroot en tog so plat op die aarde is sy die afgelope dekades ’n bestendige krag. Sy is iemand vir wie plig so belangrik is dat sy – ondanks die koronavirus en kommer oor ouderdom – steeds volstoom met haar pligte voortgaan. Sy is eers verlede week Donderdag uit Londen weg met haar corgi op haar skoot. En al is sy in Windsor, sal sy steeds al haar administratiewe verpligtinge nakom. Haar leuse is nie verniet “Ek dien’’ nie.

In haar diepste oomblikke van persoonlike hartseer, soos op die vooraand van haar ma, die koninginmoeder, se begrafnis in April 2002, het sy met die Britse volk gepraat.

In 1997, met gemoedere wat hoog opgevlam het ná die dood van die wonderlike Diana, prinses van Wallis, het die koningin weer – met die vensters van die Buckingham-paleis oop sodat die skare se rumoer buite gehoor kon word – met die volk en eintlik die wêreld gepraat.

Sy moes destyds vure smoor en kritiek jeens die koninklike gesin afweer. In die Britse koerante en op straat was die mense kwaad omdat die koningin nie sigbaar was gedurende Brittanje se rouproses Diana se dood nie.

Haar vlag het nie bo Buckingham-paleis gewapper nie. Waar was die koningin? Maar dié keer – seker die enigste keer in haar lewe as monarg – het die koningin haar rol as ouma voor dié van monarg gestel, en was sy in die Balmoral in Skotland besig om haar kleinkinders, William en Harry, te troos.

Haar toespraak op die vooraand van Diana se begrafnis in September 1997 was balsem op die siel van ’n gekneusde nasie.

Sy is al ’n ou hand met opnames en word one take Windsor genoem omdat sy – die absolute professional wat sy is – haar toesprake uit haar kop uit ken en sonder onderbreking kan laat opneem.

Nou, te midde van die skrikwekkende koronavirus en die koningin wat in self-isolasie in die Windsor-kasteel is, voel ’n mens weer die nodigheid om haar te sien en te hoor. Bygesê, die koningin sal presies weet wanneer die perfekte oomblik sal wees vir haar toespraak om opgeneem en uitgesaai te word.

Sy is al ’n ou hand met opnames en word "One take Windsor" genoem omdat sy – die absolute professional wat sy is – haar toesprake uit haar kop uit ken en sonder onderbreking kan laat opneem.

Nou het ons die koningin se woorde nodig. Veral omdat sy ’n week laas (dit voel soos ’n ewigheid) laas gesien is. En veral omdat Charles siek is.

Met al die koninklikes in self-isolasie het die mantel op prins William geval om die familie in die openbaar te verteenwoordig. Hy het verlede week ’n opname vir die Britse nasionale noodfonds gedoen. Hy was die eerste koninklike wat oor die koronavirus gepraat het. En op sy manier, nie in dieselfde trant as sy ouma nie.

Dae later het hy en sy Catherine ook besoek aan die Londense ambulansdiens bring. Die besoek was onder embargo, sodat dit nie die aandag sou aftrek van die koningin wat uit Londen na Windsor vertrek nie. William is ’n regte koning in wording. Bravo!

Maar, hier moet ek byvoeg, ek wil regtig nie hê die mantel van koningskap moet nou al op William se skouers val nie. In hierdie tye, en met die dodelikheid van Covid-19, is enigiets moontlik.

Tog weet ek en ander royals fans dat die koningin soos goud opgepas word.

Maar, nou wil ek net van een mens hoor. Koningin Elizabeth. Tot dan, keep calm and carry on.

Sy en Philip word deur agt personeellede in haar persoonlike vleuel in die Windsor-kasteel versorg. Paul Whybrew oftewel “Tall Paul”, een van haar mees getroue lyfknegte, en Angela Kelly, haar kleremaker, stilis en goeie vriendin, sien na haar om. (Tall Paul het sy naam gekry om hom te onderskei van Diana se lyfkneg, Paul Burrell.)

Maar wat van al die ander royals? Die senior koninklikes was laas op 11 Maart saam by die diens vir die statebond, waar prins Harry en Meghan hul swanesang as werkende koninklikes gelewer het.

Daarna is Charles en Camilla Skotland toe. Hul tuiste Birkhall op die Balmoral-landgoed is gelukkig afgeleë en ek is seker dat Charles soos wel, ’n prins behandel word.

Ek kan hom eintlik in sy hoë Engels hoor prewel: “This damn bloody cough’’ terwyl hy korrespondensie ná korrespondensie in sy spinnekopagtige handskrif afhandel. So alle beterskap, prins Charles!

William en Catherine is in Norfolk, waar Catherine soos talle mammas nou haar kinders tuis moet onderrig.

Harry en Meghan is natuurlik op Vancouver-eiland, en plaas gereeld bemoedigende boodskappe op Instagram.

Maar, nou wil ek net van een mens hoor. Koningin Elizabeth. Tot dan, keep calm and carry on.

  • Kyk binnekort uit vir ’n nuwe aflewering van Netwerk24 se podsending Koninklike Knieknik.

Arlene Prinsloo, webredakteur van Netwerk24 en kenner van alles koninklik. Sy was ’n joernalis vir Beeld, ’n uitlegkunstenaar by BeeldDie Burger en Rapport het daarna haar loopbaan in die digitale nuuswêreld begin as webredakteur van Netwerk24.

Arlene is Suid-Afrika se voorste kenner van die koninklikes en skryf gereeld berigte en rubrieke oor die koninklike familie vir Netwerk24. Sy het ook Engeland toe gevlieg om in die skare te staan vir prinses Diana se begrafnis, asook vir die troues van prins Harry en prins William.

Luister ook: Die prins en die seksskandaal

Prins Andrew het in die binnekamers van die superryk én veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein gekuier. Wat presies weet Andrew en hoekom wil hy nie praat nie? In die jongste aflewering van Netwerk24 se podsending, Koninklike Knieknik, vertel Arlene Prinsloo meer.

Luister ook: Die doodsnikke van Harry en Meghan

In die eerste aflewering van Netwerk24 se podsending Koninklike Knieknik praat Arlene Prinsloo oor Harry en Meghan en hul besluit om hul lewens as koninklikes agter te laat.

Hou jy van podsendings?

Luister ook na Johannes de Villiers se podsending, Die Blydskap-projek, waar hy Netwerk24 se lesers leer om hul lewe met ’n bietjie meer vreugde te vul.

LUISTER NA EPISODE 1

In die eerste aflewering van die Blydskap-projek vertel Johannes de Villiers van die klein aanpassings wat jy kan maak om jou lewe met ’n bietjie meer vreugde te vul.

LUISTER NA EPISODE 2

In die jongste aflewering van die Blydskap-projek, gesels Johannes de Villiers oor die kuns van mindfulness en hoe om jou “vriende” elke dag rondom jou raak te sien.

LUISTER NA EPISODE 3

In dié aflewering van die Blydskap-projek, vra Johannes de Villiers: Is enkellopendes régtig ongelukkiger?

LUISTER NA EPISODE 4

In die jongste aflewering van Die Blydskap-projek, gesels Johannes de Villiers met Ivor Price oor die mag van vriendelikheid.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.