Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Podsendings
Nuwe podsending: ‘Kwessie van ’n dag’ saam met Nataniël

Hoe kan jy die beste maak van elke dag, die prag van verskillende seisoene en die glorie van die alledaagse raaksien?

Die vermaaklikheidskunstenaar Nataniël sal hierdie vrae en nog meer beantwoord in ’n reeks podsendings “Kwessie van ’n dag”, wat van volgende week eksklusief vir intekenare op Netwerk24 uitgesaai word.

Nuwe episodes sal op Dinsdae en Vrydae vir die volgende vyf weke opgelaai word. Die episodes sal op die webtuiste bly sodat jy ook na die vorige episodes kan gaan luister.

LUISTER NA DIE EPISODES:

Episode 1

Episode 2

Episode 3

Episode 4

Episode 5

Episode 6

Episode 7

Episode 8

Episode 9

Episode 10

Klik vir al die resepte

“In die tyd dat jy afgesonder is, begin die dae vir baie mense dieselfde raak,” sê Nataniël.

“Ek wil vir mense wys hoe om op ’n manier in 3D na ’n dag te kyk. So word dit baie lekker, want daar is ’n hele wêreld in elke dag.”

Ek gaan 15 minute uit my dag met jou deel – my kennis en my vreugde.

Elke episode van sowat 15 minute lank sal ’n nuwe kwessie takel. “Dit is soos ’n kort kuier saam met my,” verduidelik Nataniël. “Ek gaan elke keer sê wat maak my gelukkig, wat maak my vies, wat sien ek verwar mense rondom my.

“In elke program gaan ek jou aan ’n fantastiese kossoort voorstel of ’n resep gee wat maklik en eenvoudig is, maar waarvan jy moontlik nog nie gehoor het nie.

“En ek gaan praat oor die etiket van verskillende situasies. Mense dink etiket is vir troues en eerste ministers, maar etiket is ’n oorlewingsmeganisme, veral nou wanneer mense vasgekeer sit in lockdown en nie kan ontsnap nie.”

Hy sê die podsendings is ’n gesprek oor ’n koppie tee, of in die kar op pad werk toe, waar hy verduidelik wat is die wondere, die geskiedenis, die probleem en die lekker kos van die dag.

“Ek wil mense help met tools vir wanneer dié tyd vir hulle moeilik raak, want daar is soveel mense wat glo wat met hulle gebeur is die wêreld of die regering of wie ook al anders se skuld.

“Jy kan niks daaraan verander nie. Jy kan net jou eie dag verander.”

Mense is welkom om vrae in te stuur oor die kwessies waarmee hulle worstel of waaroor hulle wonder.

“Ek gaan 15 minute uit my dag met jou deel – my kennis en my vreugde. Ek glo as jy ’n koninkryk wil bou, dan begin dit in die detail. My lewe bestaan uit die kleinste detail,” sê Nataniël.

“Ek was in sewe weke nog nie uit my huis nie. Ek ontdek elke dag nog ’n rak met boeke wat ek nog nie gelees het nie, nog ’n tas met kostuums, nog rolprente wat ek weer moet kyk. Ek besef elke dag wat ek nog nie gedoen het nie.

“My behoud is dat ek die alledaagse geniet. My ouma het my geleer dat elke dag soos ’n seisoen is, en elke deel van ’n dag het sy eie kenmerke. Sy het my geleer hoe om die alledaagse te verheerlik, en ek wil dit met mense deel.”

Wat is jou kwessie van die dag?

Stuur vrae vir Nataniël na zilke.prinsloo@netwerk24.com. Die podsendings is van Dinsdag op Netwerk24 se tuisblad te kry. Gaan na www.netwerk24.com, of laai die app af. Klik op “Word ’n intekenaar” as jy nog nie ingeteken is nie. Die eerste 30 dae is gratis en daarna kos dit R99 per maand.

Benewens brekende nuus, menings en ontledings, asook nuus oor sport, sake en vermaak wat heeldag opgelaai word, kry jy as intekenaar ook toegang tot jou gunsteling- Afrikaanse tydskrifte en koerante in digitale formaat, asook die ekstras soos luisterboeke, blitssepies, videovermaak en ’n verskeidenheid podsendings.

Meer oor:  Nataniël  |  Inperking  |  Netwerk24  |  Covid-19  |  Podsending
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.