Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Podsendings
RAPPORT REGSTREEKS: 'Regering behandel ons soos kinders’

Wrewel weens die streng staat van inperking bou op onder Suid-Afrikaners en veral sakelui, waarsku die ekonoom Mike Schüssler in ‘n gesprek met Waldimar Pelser, Rapport se redakteur.

“Ons regering dink ons is kinders,” se hy oor die manier waarop ekonomiese aktwiteite ingeperk word. “Hierdie is ‘n gesondheidsprobleem, nie ‘n magsvertoon nie.”

Volgens Schüssler het mense die streng staat van inperking aanvanklik gesteun, maar dit is nou tyd om die ekonomie weer op te maak.

“Ons het almal groot geskrik, ons het nie geweet (hoe erg die siekte kan raak) nie. Die politici wou veilig speel.”

Hy meen egter meer menselewens word nou vernietig weens die ekonomiese impak van die inperking as wat aan die virus self sou sterf. Schüssler waarsku dat dit veral die armste Suid-Afrikaners is wat die ergste geraak word.

Schüssler is voorts krities oor die regering se hantering van hulp vir veral ondernemings in die toerismebedryf. “Dit is absurd om kleur by te gooi,” het hy gesê oor bemagtiging as ‘n voorwaarde vir hulp in die bedryf.

Luister hier na die volledige Rapport Regstreeks-gesprek.


Meer oor:  Mike Schüssler  |  Rapport Regstreeks  |  Inperkings  |  Ekonomie  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.