Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Profiele
10 vrae aan Louise van Rhyn oor sakeleiers en skoolhoofde

Hoekom het jy ’n onderwys-aktivis geword?

Die onderwyskrisis hier moet prioriteit vir almal wees wat Suid-Afrika wil laat werk. Dis die enigste manier om armoede en ongelykheid te verminder.

Was jy self ’n onderwyseres?

Ek het nooit self skoolgegee nie, maar ek was nog my hele lewe lank betrokke by die ontwikkeling van mense. Ek het aanvanklik ’n graad in rekenaarwetenskap gedoen, maar het intussen al vier verskillende loopbane in 30 jaar gehad.

Wat is die grootste uitdaging in die onderwys?

Die ongelooflike ongelykheid in ons skole. Net 20% (ongeveer 5 000) van ons skole is wêreldklas omdat die skole deur die finansiële bydraes van die ouers gedra word. Die ander 80% (ongeveer 20 000) kry bitter swaar met swak skoolhoofde en onderwysers, onbetrokke ouers en uitslae wat veel te wense oorlaat.

As jy vir ’n week in Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se pos was, wat sou jy eerste doen?

Ek sou seker maak dat leerders in alle skole vanaf gr. R af Engels leer. Dan sou ek dadelik die vorderingsbeleid staak. Tans is dit moontlik vir leerders om gr. 12 te bereik sonder om ooit ’n graad deur te kom.

Vertel meer van Partners for Possibility (P4P).

Dié projek help dat skoolhoofde en sakeleiers mentors vir mekaar word en saamwerk om verandering te weeg te bring. Daar is 366 van hierdie vennootskappe dwarsoor Suid-Afrika en daar gebeur wonderwerke in hierdie skole.

Is daar een suksesverhaal van P4P wat uitstaan?

Die storie van die sakeleier Irené Raubenheimer en die skoolhoof Sabelo Makubalo van die Sophakama Primêre Skool in Dunoon is wonderlik. Deur P4P werk hulle al drie jaar saam om die skool te verbeter. Sabelo voel dat Irené moeite doen om te help en dít gee hom moed en krag vir sy moeilike rol. In ruil daarvoor sien die werkers van Irené se onderneming dat hy genoeg vir hulle omgee om praktiese hulp te verleen by hul kinders se skool.

Wat kan ’n onderwyser van ’n sakeleier leer?

Sakeleiers het tipies toegang tot ’n wye netwerk van mense. Hulle leer skoolhoofde ook die optimale manier om ’n organisasie soos ’n skool doeltreffend te kan bestuur – iets wat skoolhoofde nooit geleer word nie.

Wat kan ’n sakeleier van ’n onderwyser leer?

Menslikheid.

Wat dink jy van die ANA-magstryd?

Ek stem saam met die onderwysersvakbonde dat die jaarlikse nasionale assesseringstoetse (ANA) nie enige waarde toevoeg nie. Dit is belangrik om ons kinders te toets, maar ek is ook seker daarvan dat ons ’n beter stelsel kan ontwikkel.

Sou jy jou eie kinders na openbare skole stuur?

Al twee my kinders is in openbare skole van gr. R af.

Meer oor:  Ana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.