Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Profiele
Gruwelhuis: skokstokke, gaspistole, rottangs en boeie

Enigiets kon gebeur het, dan het die duiwel mos in haar pa geklim en moes sy en haar boeties en sussies dit ontgeld, het Landi* in dié uittreksel uit Huis van Gruwels aan Susan Cilliers vertel.

Skokstokke, gaspistole, rottangs en boeie was in ons huis net so deel van die alledaagse lewe soos borde en koppies, televisie kyk, eet en slaap. Die woord “skokstok” maak meer herinneringe in my wakker as “verjaardagkoek” of “partytjie”.

Pa het die skokstok eenvoudig gelove. Dit lyk amper soos die ding waarmee jy beeste skok. Ek kan nie beskryf hoe bang ek nog steeds word wanneer ek die woord “skokstok” hoor nie, ek wil net begin huil en so ver moontlik weghardloop.

Pa was nooit bang vir hierdie speelding van hom nie. Hy het dit gekoester en gebruik in allerlei situasies en op verskillende maniere, in water of op droë grond.

Pa het veral daarvan gehou om die stok in die water te druk wanneer ons in die bad was.

My boude en dié van my oudste boetie was vol wit kolletjies van die kere wat ons geskok is, ek kan nie meer onthou wat ons elke keer verkeerd gedoen het nie. Al wat ek weet, is dat dit nie gehelp het om weg te hardloop nie. Wanneer Pa met daardie stok na jou toe gekom het, sou hy jou vir seker inhaal. Dan was dit die oomblik van waarheid, hy het dit teen enige plek op jou lyf gedruk.

Jou hele lyf het styfgetrek en onbeheers geruk solank die stok teen jou was. Pa het veral daarvan gehou om die stok in die water te druk wanneer ons in die bad was. Soos die kere wat ek en my oudste boetie met ons klere en al in ’n koue bad water moes sit, maak nie saak of dit winter of somer was nie.

Dit was ons straf vir whatever, maar dit het gereeld gebeur. Wanneer Pa nie ons koppe onder die water gedruk het om ons halfpad te versuip nie, het hy die stok in die water gedruk sodat ons lywe deur trekkings en skokke gepynig kon word.

Een van die redes hoekom Pa ons geskok het, was wanneer die huis nie behoorlik opgeruim was nie en daar goed op die vloer gelê het. Daar was agt kamers in die huis, en vir elke ding wat op die vloer gelê of nie reg gestaan het nie, het ons ’n skok gekry.

Gaspistole en ’n rottang

Landi is een winternag aan die handvatsel van ’n badkamerdeur in die Huis van Gruwels vasgeboei. Foto: Herman Verwey

Een aand het Pa my weer met die stok gejaag. Ek het met die trappe na die boonste verdieping op gehardloop. Hy het my ingehaal. Toe ons bo kom, val ek magteloos op my rug op die vloer neer. Pa staan bo-oor my en kom nader om my te skok, maar ek gryp die stok se punt en probeer dit uit sy hand ruk.

Die balletjies het ’n kwaai brandpyn veroorsaak waar hulle ons ook al getref het. Partykeer het dit gebloei. Pa het goed geweet hoe om te martel sonder om te moor. Vir afwisseling het Pa daarvan gehou om die rottang te gebruik.

Hoe meer ek ruk en pluk, hoe meer skok die stok hóm ook. In die gestoei breek die stok. Nou kon Pa ons nie meer daarmee skok nie, maar hy is desperaat om sy speelding terug te kry. Op ’n manier het hy kort voor lank iets geprakseer met dun koperdrade wat hy om die punt van die skokstok vasgedraai het. Die ding het daarna weer gewerk, want nou kon die koperdrade die elektrisiteit gelei. Pa se twee swart gaspistole was vir my amper soos ’n doodsvonnis.

Maar ek en my oudste boetie het dit telkens wonderbaarlik oorleef wanneer ons in die pistole se visier beland het. Hulle het soos gewone pistole gelyk. Pa het hulle met ’n klein gasbotteltjie en ronde staalkoeëls gelaai. Wanneer hy die sneller getrek het, het die gas die koeëls wat kleiner as ertjies was, teen ’n hoë spoed uitgeskiet. Hy het ons met die gaspistool gejaag wanneer hy oor die geringste misstap kwaad geword het. Ons het weggehardloop, maar niks was so vinnig soos daardie ronde koeëls nie. No place to hide . . . terwyl dit boef-boef agter jou ontplof het nie.

Die balletjies het ’n kwaai brandpyn veroorsaak waar hulle ons ook al getref het. Partykeer het dit gebloei. Pa het goed geweet hoe om te martel sonder om te moor. Vir afwisseling het Pa daarvan gehou om die rottang te gebruik.

Hier sit nog ’n dik litteken op my boarm van die keer toe hy my daar met die rottang geslaan het. Partykeer het hy ons sommer gegooi met die naaste voorwerp wat hy raakvat.

Nog voordat ons in die groot dubbelverdiepinghuis gewoon het, het hy my eendag met ’n driesitplek-slaapbankie teen die kop gegooi. Ek was so tien. Dit het nie gebloei nie, maar my skedel het nou nog so ’n sagte plekkie waarin ek my vinger kan druk.

Geboei in die badkamer

’n Litteken aan Landi se arm waar haar pa haar met ’n rottang geslaan het. Foto: Herman Verwey

Partykeer het Pa ons in ’n kas toegemaak en met ’n blaasvlam gebrand. Dit het blasies op ons lywe gemaak en ons hare geskroei. Ander kere weer het hy ’n kierie gegryp en ons sommer oor ons koppe geslaan.

Pa het nie altyd goed nodig gehad om ons te mishandel nie – sy vuiste en moegmaaktaktieke was genoeg. Een aand – ek was seker so vyftien – het ek weer iets verkeerd gedoen.

Dalk was die huis nie skoon genoeg nie, ek weet nie meer nie. Enigiets kon gebeur het, dan het die duiwel mos in hom geklim.

Hy het boeie gaan haal en gesê ek moet by die badkamerdeur op die boonste verdieping gaan staan. “Nou sal jy die hele aand hier staan,” het hy gedreig. Toe boei hy my hande agter my rug vas en maak die boeie aan die badkamerdeur se ronde handvatsel vas.

Vir dae kon ek nie buk of orent kom nie. Ek was so styf, ek kon nie behoorlik lê nie, moes maar so skeef lê.

Ek kon nie behoorlik regop staan nie. Dit was ’n koue winternag en ek moes naderhand knyp toe die nood druk. Die hele liewe nag. Toe hy my vroeg die volgende oggend losmaak, was my hande pers waar die boeie my gedruk het.

“Gaan klim in die bed,” het hy geblaf.

Vir dae kon ek nie buk of orent kom nie. Ek was so styf, ek kon nie behoorlik lê nie, moes maar so skeef lê. Pa het ons gesin partykeer vir ure aaneen op die koue vloer laat staan, poedelkaal.

Die wonde wat die geslaan en gegooi veroorsaak het, moes maar self gesond word. Daar was selde sprake van ’n dokter of hospitaal.

Die wonde wat die geslaan en gegooi in die Huis van Gruwels veroorsaak het, moes maar self gesond word, vertel Landi. Daar was selde sprake van ’n dokter of hospitaal. Foto: Herman Verwey

My oudste boetie het die ergste deurgeloop. Hy en Pa kon mekaar net sien, dan was daar ’n bakleiery. Ek en hy het gesorg dat die jonger kinders uit Pa se pad bly, maar partykeer was ons net-net te laat en dan het hy hulle ook bygekom.

Hy sou hulle sommer om enige rede aanrand. Ek onthou ’n paar sulke gevalle. My middelsussie was seker so twee jaar oud toe Pa haar in die gesig geskop het omdat sy nie wou eet nie. Pa het ons ander sussie eenkeer – ek skat sy was so twee jaar oud – oor die snoekertafel gegooi.

Ons jongste boetie was seker nog nie eens twee jaar oud nie, toe Pa hom eendag aan die voet gegryp en teen die snoekertafel geslaan het. Ek dink dit was omdat hy geskree het en nie wou ophou nie, maar toe my pa hom teen die tafel slaan, het hy éérs geskree.

Pa het een van ons sussies ’n ander keer om die een of ander rede aan haar been by die trappe opgesleep en op die bed in ons kamer gegooi. Af en toe het ek Pa met iets soos ’n asbak gegooi om sy aandag af te trek wanneer ek gesien het hy gaan een van die kleintjies gryp.

Dan het hy vir my gekom. Al was ek en my oudste boetie self nog klein, het ons ons liggame as ’n skild gebruik omdat Ma niks geworrie het nie. Ek het nog bed natgemaak tot ek omtrent veertien was. Ek dink dit is omdat ek bang was ek loop in Pa vas as ek in die nag sou opstaan.

Pa het Ma eenkeer gedwing om my met ’n speld op my private plek te steek as straf omdat ek nog bed natmaak. Die bednatmakery het later vanself opgehou.

* Landi (21) was die oudste dogter van die gesin. Net haar voornaam word gebruik om haar minderjarige sibbe se identiteit te beskerm.

* Dié is ’n verkorte uittreksel uit die boek Huis van Gruwels: My 16 jaar in die Springs-hel (LAPA), wat tans landwyd beskikbaar is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.