Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Profiele
'n Lewe: Die man wat hom vry hardloop

Die oud-Springbokatleet Jackie Mekler, die langs oorlewende Comrades-wenner, is onlangs in Melkbosstrand aan natuurlike oorsake dood.

Jackie Mekler
Jackie Mekler

Hy was 87.

Hy het die Comrades vyf keer gewen. Mekler het in 1952 aan sy eerste marathon deelgeneem en sewende geëindig. Om tou op te gooi was egter nie in sy aard nie en hy het aanhou probeer totdat hy die moordende wedloop uiteindelik in 1958 gewen het.

In die ses jaar tussen sy eerste marathon en sy oorwinning was sy wedloopuitslae wisselvallig, en dit is eers nadat hy uitgevind het dat hy aan ’n ystertekort ly dat dinge verbeter het. Met die regte dieet het hy nog vier keer gewen. Hy het tien goue medaljes, een silwer en een brons gekry.

Volgens die South African Jewish Report was hy bes moontlik die suksesvolste Joodse atleet in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Hy het vir die Springbokke gedraf in Finland, Kanada en Engeland.

“In sy lewe het hy oor die 100 000 km gehardloop, wat amper drie keer om die wêreld is,” skryf hulle.

“Hy het nog laas maand sy outobiografie, Running Alone, uitgereik.”

Op ’n dag het die matrone die jeugdige Mekler betrap: Hy het brood vir iemand gegee wat ’n maaltyd gemis het. Hy is geskors en het nie sy matriek voltooi nie.

Mekler se kinderjare was moeilik. Sy ouers het in die laat 1920’s uit Litaue na Johannesburg gevlug. Sy ma is vroeg dood en sy pa kon nie die mas opkom nie.

Die negejarige Mekler is in die Arcadia-kinderhuis in Parktown gesit, waar hy verward, hartseer en getraumatiseer was. Die kinderhuis het drakoniese reëls gehad, daar was min liefde en hy het soos ’n gevangene gevoel.

Die webwerf runningman.co.za skryf hy het op 13-jarige-ouderdom uit die kinderhuis gevlug en begin hardloop. Die gevoel wat dit vir hom gegee het, was een van bevryding.

Daar was oop ruimtes, huise met gesinne en grasvelde. Hy het stilletjies na die kinderhuis teruggekeer, maar daarna het hy gereeld gaan draf en begin droom daarvan om eendag ’n kampioen te wees.

Van die eerste dag af het hy ’n dagboek gehou van elke hardloopsessie, totdat hy in 1969 opgehou het om aan mededingende kompetisies deel te neem. Hierdie inskrywings maak deel van sy memoir uit, en die deeglikheid van die data is van so ’n aard dat dit vir akademiese navorsing in langaf­standatletiek gebruik word.

Op ’n dag het die matrone die jeugdige Mekler betrap: Hy het brood vir iemand gegee wat ’n maaltyd gemis het. Hy is geskors en het nie sy matriek voltooi nie.

Mekler is op sy eie stoom na sy pa in Berea, waar dié in ’n losieshuis gewoon het.

Twee weke lank, elke dag, het hy werk gesoek. Hy het dit ook gekry en as ’n drukkersassistent begin arbei.

Hier het hy vinnig opgang gemaak en het later die besturende direkteur en voorsitter van die Penrose Press in Johannesburg geword. Nadat hy hier afgetree het, was hy ook ’n suksesvolle avokadoboer in Mpumalanga. Hy en sy vrou het hier ’n aanranding oorleef en hulle het verlede jaar by sy dogter in Melkbosstrand gaan woon.

Wanneer Mekler tydens sy marathondae geoefen het, het hy nie tyd gemors nie. Eenkeer in die Drakensberg het hy binne een week 440 km gedraf deur voor ontbyt, ná ontbyt en in die agtermiddag te gaan oefen.

“Daar was niks wetenskaplik aan my roetines nie,” het hy gesê. “Voor ’n wedloop het ek gereeld vir tien dae voor werk om 2:30 opgestaan en 85 km gaan draf.” Die woord slampamper was nie deel van sy woordeskat nie.

Hy word oorleef deur sy vrou, Margie, twee dogters en twee kleinkinders.

† Jack Mekler, gebore 4 Maart 1932, oorlede 1 Julie 2019.

Meer oor:  Sterfgeval  |  'N Lewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.