Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Profiele
'n Lewe: Doedelsak en kilt om geliefde gids en seiljagvaarder verlaas te groet

Een van die land se mees gerekende berggidse en seiljagvaarders, die geoloog Ian Slatem (60) van Rondebosch, se lewe is die afgelope week deur honderde rouklaers by die Bergklimklub van Suid-Afrika in Kaapstad gevier.

Ian Slatem

Hy het op Nuwejaarsdag op Tafelberg na sy dood geval. Slatem het met twee toeriste, vroue van Hongkong, teen die skerphellende Arrow Final, net onder die boonste sweefspoorstasie, opgeklim.

Die een vrou is ook dood nadat die rots waaraan Slatem vasgeklou het, losgekom het. Ongeveer 800 toeriste op die kruin van die berg moes tot laataand wag terwyl 30 reddingswerkers die kabelkarretjie gebruik het in hul pogings om by die klimmers uit te kom.

Omdat Slatem van Skotse afkoms was, het ? jong man in ? kilt die gedenkdiens met die klanke van ? doedelsak geopen. Slatem se lewensmaat, Jenny Burger, het in haar grafrede vertel hoe sy daardie nag by die onderste sweefspoorstasie vergeefs gewag het op inligting oor sy toestand.

Met rooidag het sy besluit om huiswaarts te keer. “Ian het in voortekens geglo,” het sy gesê. “Toe ek die radio aanskakel, het die liedjie ‘Already Gone’ van Sleeping at Last gespeel. Ek het toe geweet.”

Tussendeur het iemand 'n stuk van Bach op haar viool gespeel.

Daarna het 'n vriendin vertel hoe sy net die dag tevore met hom bergop is. Hy het gekla oor sy bergklimwapentjie waarop hy so trots was, wat hy op 'n sekere plek verloor het. Hulle het dit toe gaan soek.

“As ek dit nie vind nie,” het hy gesê, “is dit ? teken my bergklimdae is verby.” Sy oog het op iets geval wat soos 'n pleister gelyk het. Dit was sy wapen.

Omdat hy 'n gekwalifiseerde geoloog was, was hy ook 'n kenner van elke rotsformasie. Maar twee stemme van die natuur het hom geroep: die berg én die see. Seiljagsport was ook 'n passie.

'n Mede-seilentoesias, David Gerrard van die Royal Cape Yacht Club, het oor Slatem se liefde vir die oopsee getuig.

Hy het gereeld seiljagte vir mense oral ter wêreld afgelewer en was 'n spesialis in astronavigasie.

Dit word met behulp van 'n sekstant gedoen en is ? kuns. Sterk winde en die Kaap van Storms se gure, wilde winterweer was vir hom ? uitdaging.

Slatem is in Johannesburg gebore en laat sy lewensmaat, Jenny, 'n seun, Stefan, en twee susters agter.

† Ian Christopher Slatem, gebore 10 Januarie 1957, oorlede 1 Januarie 2018.

Meer oor:  Sterfgeval  |  'N Lewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.