Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Profiele
'n Lewe: ‘Mad Mike’ se kleurryke lewe ook in fliek verewig

‘Mad” Mike Hoare, die onortodokse huursoldaat, avonturier en skrywer van sewe boeke, is in die ouderdom van 100 in sy slaap in 'n versorgingseenheid in Durban oorlede. Hy het die tipe kleurryke lewe gelei waaroor ’n mens ’n rolprent kon maak.

Mike Hoare (links) in 1964. Foto: Getty Images

Hulle het ook. Die fliek The Wild Geese (1978) handel oor sy gevaarlike eskapades in die destydse Kongo, met nie minder nie as Richard Burton wat Hoare se karakter vertolk het. Roger Moore, Richard Harris en John Kani het ook daarin verskyn. Hoare was die tegniese adviseur op die stel.

Volgens sy seun Chris het sy pa wêreldberoemd geword toe hy 300 huursoldate, gedoop die “Wild Geese”, deur die dig bebosde en subtropiese Kongo gelei het om ’n kommunisties geïnspireerde rebellie in 1964-’65 af te weer. Hy het kommunisme verpes.

Hul doel was om 200 nonne en priesters van wreedaardige moorde (baie is opgekap) te red en om vir Che Guevara te klop. Een van sy soldate het ’n jong Kongolese meisie verkrag. Hoare het albei sy groottone afgeskiet, wetende die man was ’n professionele sokkerspeler.

Vir The Washington Post het hy vertel hy was verbaas dat soveel gay mans aansoek gedoen het om huursoldate te word.

Rus in vrede

* Een van die beste losskakels van sy tyd, Lance Nel, is in die ouderdom van 86 in Hermanus oorlede. Nel het reeds op 19-jarige ouderdom in 1952 die aandag van die vermaarde rugbyman dok Danie Craven op Coetzenburg getrek, wat hom uit die junior spanne gaan haal het om vir Maties se eerstes te speel. In 1954 het hy sy debuut vir WP gemaak en in 1955 het hy vir die Junior Springbokke teen die Britse Leeus uitgedraf. Beserings het hom gekortwiek en hy het nooit sy Springbokkleure verwerf nie. 

* Betty Cavanagh, die eerste vroulike wenner van die Com­rades-marathon in 1975, het op 89 in Pietermaritzburg afgesterwe. Sy het ná haar oorwinning vele vroue geïnspireer om aan atletiek deel te neem. Sy het ses Comrades-marathons voltooi. Vier van hulle was “nie-amptelik” omdat dit gehardloop is voordat die wedloop in 1975 vir vroue oopgestel is. 

* Sharkey Isaacs, die eerste bruin joernalis wat by die Kaapse dagblad Cape Argus gewerk het, het op 76 in Kaapstad heengegaan. Hy het in 1999 afgetree. Sy artikels het gereeld op die probleme wat gemeenskappe ondervind, gefokus.

* Ook in Kaapstad het die gordyn gesak op ’n groot gees in die plaaslike teaterwêreld, die bekroonde stelontwerper Saul  Radomsky (77).
Radomsky het in die beeldende kunste in Londen gekwalifiseer. Daarna het hy naam gemaak as van die mees geletterde en innoverendste kunstenaars in die teaterbedryf.
Hy het gereeld met David Kramer saamgewerk en onder meer die stelle ontwerp vir Kat and the Kings, Some Like it Vrot en Die laaste karretjiegraf.

“They fulfil a great need – make fine orderlies and cooks, that sort of thing,” het hy gesê.

In 1981 op die ouderdom van 61 het hy van sy glans verloor toe hy met ’n groep van ongeveer 45 meestal afgeleefde huursoldate na die Seychelle-eilande vlieg om die sosialistiese regering daar omver te werp. Hulle het gemaak asof hulle rugbyspelers was en lede van ’n bierdrink-klub genaamd The Ancient Order of Foam Blowers. In hul bagasie was handradio’s en AK-47’s.

Op die lughawe het ’n besope huursoldaat in ’n luide bekgeveg met een van die doeanebeamptes betrokke geraak. Hy het ’n stuk van ’n geweer in dié man se sak gevind. Daar is alarm gemaak. In die drama wat daarop gevolg het, is twee mense doodgeskiet.

’n Air India Boeing 707 het geland. Hoare en sy koterie het dié vliegtuig kommandeer om hulle na Suid-Afrika terug te vlieg.

Daarvoor het Hoare, as die leier van dié groep, 33 maande in die tronk gesit.

Hier mag hy net die Bybel gelees het, maar het daarin geslaag om Shakespeare se werke in te smokkel. Teen die einde van sy vonnis het hy elke woord uit sy kop geken.

“My pa was nie mal nie,” sê Chris. Hy was lief vir wilde avontuur. “Hy het byvoorbeeld met ’n motorfiets van die Kaap tot in Kaïro gery. In die 1950’s het hy safari’s in die Kalahari en die Okavango gelei. Hy was altyd hoflik, sjarmant, enigmaties en ’n legende,” sê hy.

In 1971 het Hoare ’n groot seiljag gekoop en vir drie jaar met sy familie op die Middellandse See gewoon.

Hy het ook in Frankryk gebly, waar hy historiese boeke geskryf het.

Thomas Michael Bernard Hoare is in Kalkutta gebore. Sy ma, Aileen, was hoogs eksentriek en sy Ierse pa, Thomas, was ook ’n wildewragtig. Hy was ’n skeepskaptein en lief vir hardehout.

“Dis ook maar beter dat my pa op agt Engeland toe gestuur is om daar skool te gaan,” sê Chris, wat ook ’n biografie, “Mad Mike” Hoare: The Legend, geskryf het.

Ná skool het hy hom as geoktrooieerde rekenmeester bekwaam. In 1948 het hy hom in Suid-Afrika kom vestig.

Hierdie grafskrif weergee ’n greintjie van ’n groot lewe. Lees sy biografie.

Hy word oorleef deur vier seuns, Chris, Tim, Mikey, Simon en ’n dogter, Gerry.

† Thomas Michael Bernard Hoare, gebore 17 Maart 1919, oorlede 2 Februarie 2020.

Meer oor:  Sterfgevalle  |  'N Lewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.