Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Profiele
'n Lewe: Shaffer se dramas het SA beïnvloed
Peter Shaffer

Alhoewel die dramaturg Peter Shaffer, wat Maandag op 90-jarige leeftyd oorlede is, hoofsaaklik in Amerika en Brittanje bekend was, was sy werk ook hier invloedryk.

Equus is reeds in 1975 deur die teater­legendes Leonard Schach en Pieter Toerien in Suid-Afrika op die planke gebring.

Die Publikasieraad het dadelik die naak­tonele waarin die stalkneg Alan Strang verskyn, verbied. Met die tonele waarin hy vyf perde se oë met ? hoefsteker uitsteek, het hulle geen probleem gehad nie.

Equus is in 1978 in Afrikaans vertaal deur Die Geselskap, met Marius Weyers in die rol van die psigiater wat die emosioneel ­gekneus­de jong man probeer help. Die stuk is ook later deur Weyers se vrou, Evette, vertaal en in Stellenbosch se H.B. Thom-teater opgevoer.

Die plaaslike akteur Jeremy Crutchley, wat deesdae in Amerika woon, het die rol van die stalkneg in 1985 met groot fanfare in die Baxter vertolk en het uit New York laat weet Shaffer se tekste het ’n belangrike invloed op sy loopbaan as akteur gehad.

“Sy karakters was uitdagend, rebels, broos en sexy. Ek was ook gelukkig om die keiser in Amadeus te speel.”

Wim Vorster, skrywer en teaterpraktisyn, sê: “Ons het jare terug by Sukovs ’n Afrikaanse weergawe van Amadeus met Louw Verwey as Salieri en Gerben Kamper as

Mozart gedoen.

“Ons het ook Equus in Engels opgevoer met Ernst Eloff en James van Helsdingen. Wat maak Shaffer so besonders? Sy speelbare, geloofwaardige karakters, die verhoogmatigheid van al sy werke. Hy steun sterk op mitologie, maar al ken ’n mens nie die spesifieke gegewe nie, is dit steeds klinkklaar.”

Daniel Radcliffe (Harry Potter) het Shaffer bedank omdat hy hom sy seëning gegee het vir sy rol in Equus (Radcliffe se eerste ern-stige rol op die verhoog) wat ’n paar jaar gelede in die Weseinde en op Broadway groot aanhang geniet het.

Shaffer is in Liverpool in ’n ortodokse Joodse familie gebore. As deel van sy diensplig het hy ’n paar jaar lank diep ondergronds in die steenkoolmyne in Kent gewerk. Ná sy studies in geskiedenis in Cambridge is hy New York toe, waar hy in ’n boekwinkel, ’n biblioteek, ’n afdelingswinkel en ook op ’n treinstasie gewerk het. Sy tweelingbroer, Anthony (in 2001 oorlede), was sy sielsgenoot. Hy was ook ’n skrywer (onder meer van Sleuth) en hul verhouding onder die oppervlak was een van intense wedywering.

Hy word oorleef deur sy broer, Brian.

* Peter Shaffer, gebore 15 Mei 1926, oorlede 6 Junie 2016.

Meer oor:  Herman Lategan  |  Sterfgevalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.