Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Profiele
’n Vrou tussen bendes, bloed en laventel

Lucinda Evans vertel aan Murray La Vita van haar stryd om die weermag in die bendegeteisterde Kaapse Vlakte ontplooi te kry en hoe erg die geweld daar is.

Lucinda Evans, stigter van Philisa Abafazi Bethu, met op die agtergrond die skeepsvraghouers waarin dié projek se bedrywighede gehuisves word. Foto: Adrian de Kock

“Een oggend toe kom een van my six year olds in en sy sê: ‘Miss Lucinda, you know, I didn’t want to be late for the programme [aangebied tydens die skoolvakansie], I just rán past the bullet!’

“Ek sit hier en ek grýp haar en ek drúk haar so teen my vas en ek sê vir haar: ‘Just come here.’ Haar lyfie skúd. En ek hou haar net so vas en ek sê vir haar: ‘Next time when they shoot, don’t run through the bullets; wait till it’s finished then you come to the programme.’

“Weet jy wat sê sy vir my? ‘I don’t want to be late; I don’t want to miss out, because when I am here, I am safe.’ Sáfety, die sáfety van die kind . . . She puts her life at risk to come to safety. A little six year old.”

Lucinda is een van die mense wat hard gestry het vir die ontplooiing van die weermag na die Kaapse Vlakte.

Aan die woord is Lucinda Evans (47). Dit is laat op ’n grys wintermiddag in Lavender Hill. Ons sit in haar kantoor in een van ses skeepsvraghouers op die terrein van die plaaslike hoërskool.

Uit hierdie metaalstrukture (in verskillende kleure geverf in ’n poging om hulle te verfraai en die strakheid te temper) bedryf Lucinda haar projek Philisa Abafazi Bethu (Maak ons Vroue Gesond).

Dit is 'n projek wat beskerming bied aan vroue en kinders wat die slagoffers is van gesinsgeweld en sluit ook in 'n veilige noodhawe vir mense wat deur veral bendegeweld bedreig word. Ook die René Roman Search and Rescue Unit wat gestig is om vermiste of ontvoerde kinders op te spoor en te red.

Lucinda, wat al deur die Franse regering met ridderskap van die Legioen van Eer vereer is, is ook voorsitter van die Mitchells Plain Gemeenskapspolisiëringsforum en is een van die mense wat hard gestry het vir die ontplooiing van die weermag na die Kaapse Vlakte om te help om die toenemende bendeverwante moorde daar hok te slaan.

Gesigte word weggeskiet

Greg Philander, programkoördineerder van Philisa Abafazi Bethu. Foto: Adrian de Kock

Vroeër, terwyl ons vir Lucinda gewag het wat besig was om troos en ondersteuning aan mense te probeer bied nadat ’n jong jeugleier haarself die vorige dag opgehang het, het ons in ’n ander vraghouer met Greg Philander (53), programbestuurder, gepraat.

Elke nou en dan kom ’n kind in en vra vir Greg of hulle die toilet mag gebruik. Dan stap hulle verby ons waar ons in die sitkamergedeelte van die vraghouer sit tot in sy kantoor en van daar na die aangrensende toilet.

Daar word omtrent elke dag drie lyke opgetel in hierdie area.

Op sy lessenaar is ’n pak Doritos wat later, wanneer dit deur die skraal wind wat by die houer inkom tot op ’n stoel gewaai word, leeg blyk te wees.

“Daar word omtrent elke dag drie lyke opgetel in hierdie area. Die jongste is mense se gesigte word completely weggeskiet. Ek dink die modus operandi is: ‘Ons gaan jou doodmaak, maar jou hele gesig word weggeskiet.’ Dis die trant die afgelope week,” sê Greg.

“Ek dink dis gang-verwant en ongelukkig word onskuldige mense en kinders in die proses ook seergemaak because die gangs voel ook indien ek nie vir jóú kan kry nie, gaan ek iemand in die familie seermaak.”

Geweld op almal se lippe

“Van 2017 af is my favourite woorde: My kind is jou kind.” Foto: Adrian de Kock

Lucinda sê die bendegeweld besorg aan haar slapelose nagte.

“Ek kán nie slaap nie! Ek kan nie slaap nie want jy hóór die skote. Jy kom na die program toe en die kinders praat van die geweld. Jy loop in die pad en die óú mense praat van die geweld.

Maar ek skrik vir níks; ek is oukei met dit; ek is oukei met mense se woede; ek is oukei met mense se disappointment dat ék van alle mense vir die SANDF sal vra.

“Waar ek ook al in die gemeenskap kom, kyk mense so oor hulle skouer. Jong mense kan nie Uzzi dra nie, hulle kan nie Kappa dra nie, daar is sekere tékkiebrands wat hulle nie kan dra nie want dit word geassociate met Piet se gang en Paul se gang en Johnny se gang.

“Al wat ek net wil hê, is dat almal net in vrede kan werk toe gaan en dat die kinders kan skool toe gaan en léér. Die onderwysers moet emosioneel en physically en spiritually oukei wees om te teach.”

Ons aanvanklike onderhoud met haar was pas voordat Bheki Cele, minister van polisie, verlede Donderdag in die parlement aangekondig het dat die weermag op die Kaapse Vlakte ontplooi gaan word, iets waarvoor sy hard geagiteer het.

“As een van ons kinders moet doodgaan as gevolg van gang violence, is die bloed op Bheki Cele se hande. Ek hoop hy slaap nie. Hy moet nie ’n oog toemaak nie omdat hy, die alpha male, unwilling is om met Alan Winde [Wes-Kaapse premier] te sit om die gang violence stop te sit waardeur die kinders in hierdie gemeenskap en 20 ánder gemeenskappe so adversely geaffect word.

“Ek is ernstig as ek sê bring die SADF in as ’n force-multiplier om die polisie te help om ons te beskerm. Cele is hellbent om te glo dit is ’n political request, dit is ’n political issue, en dit ís nie.”

Skrik vir niks

Van die kinders wat in Philisa Abafazi Bethu se naskoolprogram is. Foto: Adrian de Kock

Woensdag het ons weer oor die kwessie gepraat.

“Die issue oor die weermag is ’n hót, hót potato. Alhoewel my activism gaan uit en uit oor protection, word ek op die oomblik gevilify. Maar ek skrik vir níks; ek is oukei met dit; ek is oukei met mense se woede; ek is oukei met mense se disappointment dat ék van alle mense vir die SANDF sal vra.

“Ek verstaan mense, die ou activists, se history met die SANDF; hoe die SANDF ons gemoer het en gebliksem het, en al dié klas van goed.

Ek sê nie die weermag moet hier bly vir ewig nie. Dis ’n interim emergency measure.

“Maar soos dinge nóú is, is daar nie ’n force-multiplier nie. Ons sê die polisie is op die oomblik in ’n krisis. Ja, die SANDF has been promised, maar hulle is nog nie gedeploy nie want hulle wag mos nou vir hulle papierwerk, en 43 mense is weer dood oor die naweek.

“Ek sê nie die weermag moet hier bly vir ewig nie. Dis ’n interim emergency measure. Ek sê: Laat die shootings stóp. Daarna moet Cele kom met sy force multiplier . . . sonder om lede van ander polisiestasies weg te vat om ’n unit op te maak om interventions te doen. Daardie is marginilised stasies wat nie genoeg mense het nie.

“Die eerste deel van my mission is accomplish. At least is national en provincial government nou besig om met mekaar te praat oor die een priority item en dis ons lewens. En dís vir my die grootste deurbraak waarvoor ons wat nog steeds suffer op die Cape Flats, kon gevra het.

“Al wat ek net wil hê, is dat die shootings moet stop sodat ons kan begin werk en doen wat ons moet doen.”

Baba in die muur

Lucinda: “Ek kan één kind op ’n slag red.” Foto: Adrian de Kock

Lucinda en haar man, Frank, ’n ambulansman, en hul dogter, Caitlin (20), en seun, Liam (16), woon in die Southern Hills-buurt van Lavender Hills.

“Dit is ’n different world. Daar word nie daar geskiet nie. En dis hoekom toe die organisation binne in my huis was, het daar all hours of the day or night mense soontoe gekom.

“ ’n Vrou het haar pasgebore babatjie daar gelos. Dis hoekom ek verlede Oktober ’n baby saver in die muur ingesit het; Maartmaand het ons onse eerste newborn vieruur die oggend gekry. Daar is ’n alarm in en as jy die deurtjie oopmaak, dan gaan die huisalarm af. Toe gaan kyk ek en Frank en toe is die babatjie binne in die saver in.”

Ons is van die eerstes in dié metro wat ’n emergency safe house gerun het.

Philisa Abafazi Bethu het in hul agterplaas begin.

“In my mad en angry state het ek 11 jaar gelede ’n Wendyhouse agter my huis opgesit met twee double bunks in. En vir vier jaar het ek vroue daar weggesteek. Ons het selfs een aand tien vroue daar gehad.

“Ons is van die eerstes in dié metro wat ’n emergency safe house gerun het. Ons het nou ’n huis in Wynberg . . . Ons is lélik in die skuld by die City of Cape Town, want ons kan nie die rent betaal nie, maar ons gee een van die beste services in die Wes-Kaap waar dit die beskerming van vroue en kinders betref.”

Olifantmal

“Ek is oop en eerlik; ek het twéé home loans op my huis gevat om dié project te support.” Foto: Adrian de Kock

Wanneer Lucinda sien ek kyk na ’n tekening van ’n olifant op haar lessenaar, sê sy haar seun het dit geteken.

“Ek hou van olifante; ek is olifantmal. Ek het myself die naam gegee Nondluvokazi, queen of the elephants.” Sy lag uitbundig. “Olifante is majestic. Hulle is pragtig . . . destructive. Beautiful nurturers. Fantastic memory. Ek is mál oor olifante, vandat ek kan onthou. Dit is vir my die móóiste, móóiste gracious dier. Ja, olifante is soms destructive, maar ook tender.”

Sy verwys weer na die sesjarige meisie wat in die afgelope skoolvakansie vertel het hoe sy verby koeëls gehardloop het om die vakansieprogram te kom bywoon.

“At times is ek soos ’n tornado – ek wil ál die kindertjies gryp! Ek meen, ons het nou drie weke skoolvakansie gehad, onse kinders van onse program was élke dag hier. Ons was só uitgeput verlede Vrydag toe die program klaarmaak. Ons was in double-protection mode, so onse emosies was at all times high, ons was on high alert.

“Hulle skiet nie physically hier by ons nie, maar wel in die areas waaruit die kinders kom . . .”

‘Niemand respekteer ons’

Koningin Sylvia van Swede praat met Lucinda op ’n besoek aan Philisa Abafazi Bethu.

Teen skemer staan ons buite en kyk na die skeepsvraghouers. Aan die oorkant van die pad is die gehawende woonstelblokke wat in die dae van die Groepsgebiedewet en gedwonge verskuiwings gebou is en name soos Hanover en Roos het – die name van strate in Distrik Ses waaruit die mense hierheen verskuif is. Ook Lavender Hill was ’n straat in Distrik Ses.

“Weet jy hoekom is ek in Lavender Hill? Niemand respekteer ons nie. Niémand sien die lavender in die hills nie.

“Ek het ’n bar [standaard] wat ek geset het . . . Ek weet nie hóé ek dit gemaak het om nog steeds alive and kicking te wees nie; my bar is baie hoog. Ek vat níks second best vir ’n vrou, ’n kind, ’n ouma of vir die gemeenskap nie.

“Ek het my al . . . Ek is bankrót. Ek is oop en eerlik; ek het twéé home loans op my huis gevat om dié project te support. Twéé home loans. Ek het my kinders se studies gecompromise vir hierdie project en hierdie gemeenskap because I eat, I breathe and I live lavender vir die hills.

“I have absolutely no regrets, maar een van die goed wat ek sê, is uit hierdié Lavender Hills het mense soos dokters en sportsterre gekom. Vir dié wat teruggekyk het en teruggeploeg het – dankie vir dit; wie dit nog nié gedoen het nie – dis oukei.

‘Antie Silvie’ van Swede

Op Lucinda se lessenaar is ’n foto van koningin Silvia van Swede wat geneem is toe sy Lavender Hill en Philisa Abafazi Bethu besoek het.

Die koningin se World Childhood Foundation is ’n beskermentiteit van die organisasie.

Lucinda noem haar Antie Silvie.

“Toe sy hier kom toe sê ek vir haar: ‘Ek kan nie vir jou your highness sê nie; dis baie vir my, my tong haak, ek is ’n African vrou. Op die township sê ons vir iemand wat ouer as ons is antie. Ons honour jou en ons noem jou Antie Silvie.’

“Haar entourage was seker geskok, maar sy het gesê: ‘That’s fine, Lucinda.’”

Hoewel Lucinda baie dankbaar en opgewonde is oor geld wat die stigting geskenk het sodat die projek uitgebrei kan word na 30 vraghouers, is daar altyd behoefte aan nóg skenkings.

“Breadline Africa gaan die nuwe centre vir ons bou, maar ons sukkel net nog om property te kry om te huur waar ons die 30 containers kan opsit.”

“Maar ons het ’n verantwoordelikheid om lavender vir die hills te plant. Die kléin bietjie wat ek het en die klein bietjie wat ek kan doen, is wat my elke oggend uit die bed laat opspring. En dis iets wat my elke aand laat bed toe kruip. That is what keeps me going.

“Die feit dat vir die elf jaar wat ek dit doen . . . My lewe het ’n 180-degree turn gevat met die René Roman case.”

Die 13-jarige René se lyk is 11 dae ná haar verdwyning in 2017 onder ’n mat in ’n Wendyhuis gevind. Sy is vermoor.

“As ek gedink het ek het álles geweet oor child protection, oor baklei met die authorities oor services vir kinders in Lavender Hill, het daai case my ’n 180-degree teruggebring na al die goed wat ’n mens nié gesien het nie, wat rondom jou aangaan met kinders ensovoorts.

“Dit was vir my life changing. want een van twee goed kon met my gebeur het – ek kon ’n complete breakdown gehad het . . . Ek was nége consecutive dae weg van my huis af.

"Ek het daai kind gesóék. Ek het geoperate met drie, vier ure ’n aand se slaap. Ek het my oë uitgehuil. Ek het soos ’n besétene gesoek. Ek het hierdie gemeenskap inside out gedraai op soek na daai kind.

“So, wat vir my valuable was van die experience, is ek het by ’n kruising gekom – ek maak Philisa Abafazi toe en ek doen nie meer wat ek doen nie óf ek recommit myself, I pull myself towards myself. Één kind, één lewe op ’n slag.

“Van 2017 af is my favourite woorde: My kind is jou kind. Dit móét so wees. Ek gaan nie al die kinders kan red nie. Ek kán nie al die kinders red nie. Ek kan één kind op ’n slag red; een saadjie in sy of haar hart plant. So my ander favourite woorde is bringing lavender back to the hills.

“Één lavender seed, één lavender moment, één lavender intervention, één lavender prevention, want ek kán nie alles doen nie – ek kán nie.”

* Philisa Abafazi se e-pos-adres is admin@philisaabafazi.org en Lucinda se nommer is 073 424 4665.

Dogter se opoffering

“Ek het gespaar vir my dogter, Caitlin, om verlede jaar te gaan studeer, maar toe was ons in ’n krisis en toe het ek haar studiegeld gebruik.

“Sy kon toe nie verlede jaar gaan studeer nie; sy’t eers hierdie jaar begin. My hele salaris gaan in haar studies in hierdie jaar.

“En dis ’n gróót sacrifice wat ek lovingly maak vir ’n kind wat besluit het: ‘If it’s not my time and we are not financially ready . . .’ Sy het toe verlede jaar gegaan en gevolunteer en sonder betaling by die mees marginalised skool in Lavender Hill vir ’n héle jaar elke dag van agtuur die oggend tot vieruur die middag was my dogter daar.”

Wat was die krisis waarvoor haar studiegeld gebruik is?

“Dit was vir ons emergency safe house [vir vroue] in Wynberg.”

Meer oor:  Bheki Cele  |  Lavender Hill  |  Mitchells Plain  |  Polisie  |  Bendegeweld  |  Weermag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.