Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Profiele
Rubriekskrywer laat boek die lig sien
Madré van Tonder met 'Stories van my mense'. Foto: Verskaf

“Hoeveel keer het die son al vir jou gestruikel?” vra Madré van Tonder van Brandfort in haar boek Stories van my mense wat bestaan uit sowat 60 rubrieke wat sedert 2013 in Volksblad verskyn het.

Madré, wat in Sasolburg gebore, getoë en ook met Maarten getroud is, het meestal datawerk in kragsentrales, myne en aluminiumsmelters gedoen. “Ek was nie gemaklik in kantore nie, dit was nie waaroor ek kleintyd gedroom het nie. Ek wou skryf.”

Die gesin het in 2006 van KwaZulu-Natal na die Vrystaat teruggekeer toe Madré se enigste dogter, Andréa, besluit het om in Bloemfontein te kom studeer. Sy woon nou in Kaapstad en Madré gaan kuier gereeld terwyl haar man weg van die huis werk.

Maarten is ’n veiligheidsbestuurder by ’n diamantmyn in Angola en werk op ’n siklus van tien weke weg en drie weke tuis tussen Angola en Suid-Afrika. “Ek het eindelik begin skryf nadat ek in Brandfort – manloos en kindloos – vrye tyd gehad het om die wêreld om my waar te neem.

“Mense het stories. Plekke het stories. En iewers wil hulle hierdie stories vertel. Dit is ’n groot voorreg om hierdie stories in rubriekvorm vir Volksblad aan te bied. Die mense in my verlede het ook weer hul opwagting gemaak – in stories wat net vertel moes word.”

Dit was nie ’n maklike rubriek om te skryf nie en dit was ook nie maklik om dit met lesers te deel nie.
Madré van Tonder

In die voorwoord skryf die Volksblad-redakteur, Gert Coetzee, dat Madré se rubrieke are raakboor wat die koerant se lesers verstaan.

“Brandfort, sy mense en hul dinge is (toevallig) die agtergrond vir haar sketse. Soms is hulle selfs die onderwerp van haar fyn (self-) spot en hekelry, maar nie liefdeloos en kleindorps so nie.”

Die een rubriek wat sy vir altyd sal onthou en sal bewaar, is juis “Dae wanneer die son vir ons struikel” waaruit bogemelde aanhaling kom.

Hierin skryf Madré oor die dae wat die son struikel (met erkenning aan Dolf van Niekerk se roman Die son struikel). Dit sluit in die tyding van ’n ouer se dood, ’n verlore troeteldier, die prysgee van ’n plaas en perdestalle . . .

“Dit was nie ’n maklike rubriek om te skryf nie en dit was ook nie maklik om dit met lesers te deel nie,” sê Madré oor dié uiters persoonlike rubriek.

“Vir my het die son genadiglik meer kop opgelig as andersom,” skryf sy ook daarin. Madré werk nou aan haar eerste­ roman, Ice Cream Days, oor ’n tienermeisie in ’n disfunksionele gesin in Welkom.

  • Stories van my mense is by Groep7 Uitgewers by epos@groep7.co.za beskikbaar.
Meer oor:  Volksblad  |  Madré Van Tonder  |  Rubriekskrywer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.