Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Stephan Joubert: Los eerder dié bangmaak-taal
​Uit die Woord

“Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie.Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” – Joh. 4:13-14

Die skadelikste woord in die Engelse taal? “No!”

’n Span neurowetenskaplikes het navorsing gedoen oor die effek van taal op ons brein. Hulle het bevind stres-veroorsakende hormone en neurotransmitters word dadelik in mense losgelaat by die aanhoor van hierdie einste woord.

Net die flits van ’n klompie negatiewe terme voor depressiewe mense se oë vererger hul toestand ook in ’n oogwink, het die navorsers bevind. Negatiewe taal verrinneweer ons brein.

Hoekom is sommige godsdienstiges so lief vir bangmaak-taal? Jesus het nooit afdreigend gepraat nie. Nooit het Hy sondaars met skerp woorde afgeskryf nie. Genadewoorde vir soekers, armes en hulpeloses het in sy omgewing gewen. Jesus het hulle vertel Hy is lewende water en brood. Hy het verduidelik Hy is die ware wynstok en die goeie Herder.

Binne hoorafstand van sy woorde is daar steeds oorvloedige lewe te vind. Sy taal is water vir die vuur.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.