Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Advent is ’n tyd om werklik aandag te gee

Baie van ons weet wat dit beteken om skuldig te wees aan die aantyging: “Jy gee nie aandag nie!”

Hierdeur dui die ander persoon dan aan dat jy nie op hom of haar, of op dit wat voor jou is, fokus nie. Jou gedagtes is elders; jy is nie teenwoordig nie. Die meeste van ons is ook goed bewus van die kardinale belang daarvan om regtig en reg aandag te gee. Asook dat dit nie so maklik is om behoorlik met aandag en bedagsaamheid te lewe nie.

In haar opstel “Reflections on the Right Use of School Studies with a View to the Love of God” (opgeneem in die boek Waiting on God) skryf die Franse filosoof, aktivis en mistikus Simone Weil (1909-1943) dat die sleutel tot ’n Christelike verstaan van studie, soos ook van gebed, saamhang met die vermoë om aandag te kan gee.

Tydens Advent val die fokus op God wat in Christus na die wêreld gekom het, en steeds ons lewens en wêreld binnekom en kan binnekom.

Maar, skryf Weil verder, ons moenie aandag gee verwar met blote fisieke inspanning nie. Dink byvoorbeeld aan die kwaai onderwyser wat vir die leerlinge sê: “Gee nou aandag!” Dit kan wel lei tot ’n gespanne poging om te fokus, maar meestal word min onthou van wat daarna gesê is.

Aandag gee – soos wat Weil dit bedoel – vloei nie uit vrees nie, maar hou eerder met vreugde en begeerte verband. In haar woorde: “The intelligence can only be led by desire. For there to be desire there must be joy and pleasure.”

Hierdie praktyk van aandag gee kan ook gesien word as ’n gepaste geestelike dissipline vir die kerklike tyd van Advent.

Tydens Advent val die fokus op God wat in Christus na die wêreld gekom het, en steeds ons lewens en wêreld binnekom en kan binnekom. Daarom die uitnodiging om aandagtig ingestel te wees op hoe God Sy verborge teenwoordigheid onthul – ook op vreemde plekke, op onverwagse wyses, en in onwaarskynlike gestaltes.

Vir Weil behoort aandag gee tot die hart van wat liefde vir God en die medemens behels. Maar om waarlik aandag te kan gee aan jou medemens, veral jou medemens in nood, is volgens haar iets buitengewoon en moeilik – eintlik ’n soort wonderwerk.

In dié verband verwys Weil as uitdrukking van haar verstaan van aandag gee na ’n deel van ’n legende aangaande die Heilige graal.

Hiervolgens word die graal (met sy wonderdadige krag) aan die eerste persoon gegee wat vir die bewaker van die graal – ’n koning wie se liggaam grotendeels verlam en met wonde bedek is – níé vra: “Gee my die graal” nie, maar sê: “Vertel my van jou pyn.” – 

Meer oor:  Tyd  |  Geestelike Waardes  |  Advent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.