Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Agbare Tito, sny eerste die onthaalkaart op

Soos Saterdag se rugby klop statistieke nou maar eenmaal net nie met dit wat jy met jou eie twee oë sien nie.

Blouwillem

Verstommende statistieke is dat Suid-Afrikaners in hul loopbaan vir hul werkgewer gemiddeld ’n halfmiljoen rand present gee deur nie hul middagete te volle te benut nie en dat ons arme afgesloofde piepols in hul werkende leeftyd dus ’n verstommende twee en ’n half jaar te veel werk weens dié ongebruikte middagetes. Wil jy nou meer!

Maar dis natuurlik net waar van ’n sekere sektor, naamlik die jappie-sektor waar elke Japie moet help om die firma winsgewend en die baas skatryk te kry.

Waar middagete net vir sissies is en die baas hom so bekommer oor die markte en die daaglikse wisselkoers dat hy self nooit aan kos dink nie. Dan is daar die ander sektor (of dalk eerder ’n siek tor) bestaande uit ons dikgevrete, opgeblase staatsdiens se ramptenare.

In hierdie sektor is wins en verlies, produktiwiteit en wisselkoerse irrelevant, want die vet salaris is einde van die maand in die bank. En nee, húlle mis oor hul dooie liggame ’n middagete, want dis jou reg, man!

Met my eie twee groot oë sien ek ’n heel ander prentjie as die een hierbo geskilder. Die een dikker as die ander sien ek hul middag ná middag besig met hul daaglikse LUL (Lang Uitgerekte Lunchie). Dis maklik om Die Baas uit te ken. Hy dra ’n snyerspak en is gewoonlik omring deur sy sekretaresse, twee assistente, twee of drie lyfknegte en die hoof van finansies (wat net daar is omdat hy die onthaalkaart moet saambring). Almal lag hard en opgewonde vir die baas se grappies, want jy wil darem graag weer môre saamkom.

Die spyskaart is nog op pad dan het die baas al die dik, wit servet by sy kuiltjie ingedruk, want die LUL is ’n ernstige saak.

So agbare Tito, minister van geld, dis wonderlik dat u ons staatsdiens wil verklein. U kan die diens begin verklein deur die ramptenare letterlik en figuurlik minder te maak.

Wie sal ooit die roemryke LUL’s daar by Pinocchio-restaurant naby Kerkplein vergeet?

U hoef hulle nie almal te “fire” nie, want dan gaan u weer meer pakkette en “grants” moet betaal. Sny eerstens op die onthaalrekening deur die onthaalkaart op te sny sodat staatdienskantore ook ná 12 bedags ’n diens kan lewer. So gaan daar minder van die ramptenaar se lyf oorbly en die staatsdiens oor tyd op elke maerder lyf ’n halfmiljoen spaar. Maar nou is ek seker lelik, want die ander kant van die munt is dat volgens dieselfde navorsing, werkers wat hul volle etenstyd gebruik meer produktief en kreatief is.

En daarvan kan ek getuig! Wie sal ooit die roemryke LUL’s daar by Pinocchio-restaurant naby Kerkplein vergeet? Geleenthede wat aangehou het totdat hulle opgehou het.

Ons het dan hengse kreatief daar uitgekom, maar kon nie produktief raak nie, want die kantoor was reeds gesluit (o ja, met jou motorsleutels binne en gaan verduidelik daai ene nou by die huis!)

Meer oor:  Blouwillem  |  Oos-Kaap Naweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.