Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Almal is ewe belangrik

In sommige godsdienstige kringe is dit ’n gewilde ding om te sê die man is die priester in die huis. Dit is ’n halwe waarheid. Die volle waarheid is verpak in dele soos 1 Petrus 2 en Openbaring 5. Hier word vertel dat alle gelowiges die rol en status van priesters in God se oë het. Almal, groot en klein, mans en vroue, deel ewe veel in die nuwe verantwoordelikheid om soos priesters te bid en God te dien. Alle gelowiges is gelyk in status, waarde en belangrikheid voor God.

Galasiërs 3:28 is ons bloudruk vir ’n nuwe lewe in sy koninkryk. Paulus skryf hier gaan dit nie daaroor dat ons man of vrou, slaaf of vry, Jood of Griek is nie.

Hier is ons gedeelde identiteit én ons gemeenskaplike waarde gesetel in ons geloof in Christus. Hier maak ons almal ewe veel saak.

Meer oor:  Godsdiens  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.