Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Antwoord Jesus se gunstelingvrae reg

Jesus het gedurig vrae gevra om mense te laat nadink oor hul lewe en oor God.

Dink maar aan vrae soos: “Hoekom is julle bang? Het julle nie geloof nie?” (Markus 4:40). Of: “Wat help dit ’n mens wen die hele wêreld, maar verloor sy siel?” (Matteus 16:26).

Een van Jesus se uitdagendste vrae is daardie een in Matteus 16:15: “Wie sê julle is Ek?”

Die antwoord daarop kan jy eintlik net met jou eie lewe beantwoord. Dié vraag konfronteer jou tot ’n belydenis.

Nog een van Jesus se uitdagende vrae is daardie een aan Petrus kort nadat hy Hom verraai het: “Het jy my regtig lief?” (Johannes 21:7).

Wat sou jy daarop geantwoord het? Nogmaals is die regte antwoord daarop een wat met jou lewe beantwoord word, nie net met jou woorde nie.

Van goeie vrae gepraat, die bekende Joodse skrywer Elie Wiesel maak ’n belangrike opmerking in sy boek Night (1956), wat handel oor sy en sy pa se lyding in die Auschwitz- en die Buchenwald-konsentrasiekamp in die Tweede Wêreldoorlog. Hy sê dat sekere vrae ’n krag besit wat nie slegs opgesluit lê in die antwoord self nie. Of soos wat hy dit stel: “They possess a power that does not lie in the answer.”

Hierdie soort vrae is Jesus se gunstelingvrae. Mense wat reg daarop antwoord, is sy gunstelingmense. Hulle antwoord deur Hom te volg met hul hele lewe. Hulleself is die antwoord op sy vraag.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Jesus  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.