Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
As jy één gebed kan bid

As daar een woord is wat in elke gebed aanwesig moet wees as jy bid, dan is dit die woord “dankie.” Om dankie te sê vir die Here is nie net die regte ding om te doen nie; dit is broodnodig. Jy het oorgenoeg redes . . . te veel eintlik.

Jou beker is nie net halfpad vol nie; dit loop alweer oor. Of het jy vergeet vandag se brood is weer betyds by jou lewensdeur afgelewer? En dat die Here vandag nogmaals jou naam raaksien wat Hy in sy handpalm gegraveer het soos wat Jesaja 49:16 sê? Heeldag lank kan jy vir die Here hierdie een woord sê: “dankie!”

Nee, jy is nie net dankbaar vir die mooi dinge en vir al die seëninge in jou lewe nie, jy is dankbaar vir God se nabyheid. Jy doen oor en oor hierdie dankbaarheid-roete wanneer jy deur die loop van die dag met die Here praat en oor Hom praat. Jy sê dankie en jy leef dankbaar. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.