Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Begin en eindig dag só

Om dankie te sê, is om erkenning te gee aan ander mense vir iets wat hulle vir jou gedoen het. Om dankie te sê, is die regte ding om te doen. Om reg dankie te sê, is meer as net goeie maniere.

Dit kom uit die hart, veral as jy vir die Here dankie sê. In die Bybel word dankie uitgedruk in lof en aanbidding. Jy sê vir God reg dankie deur sy Naam in ere te hou.

Jy sê vir Hom dankie deur Hom te aanbid. Doen dit gereeld. Doen dit elke dag. Begin en eindig jou dag met lof en dank. Doen dit heel eerste in die oggend voordat jy jou selfoon nader wink.

Doen dit heel laaste in die aand voordat jy gaan slaap. Sê vir die Here dankie vir elke snytjie brood, elke asemteug, elke stukkie vreugde, elke geleentheid en vir elke dag se porsie verniet-genade. Leef in dankbaarheid teenoor God en almal om jou. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.