Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Belangrikste kom eerste

“Let the main thing be the main thing.” Dit is ’n bekende spreekwoord in leierskapskringe. Bedoelende moenie bysake tot die sentrum verhef nie.

Paulus verstaan hierdie beginsel glashelder. Hy onderskei duidelik in Romeine 14:17 tussen die sentrum en bysake wat geloof betref. Hy skryf met name hier dat die koninkryk van God nie ’n saak is van eet en drink nie, maar van God se geregtigheid of vryspraak, asook van vrede en blydskap in die Gees.

Maar eers verwys Paulus na ’n klompie bysake wat deur sekere gelowiges tot die sentrum verhef is, soos die onderhouding van heilige dae, of die eet van kos wat aan afgode gewy is. Vir Paulus is hierdie sake nie onontbeerlik vir ons geloof nie. Elkeen moet self hieroor besluit sonder om mekaar aanstoot te gee.

Maar die hoofsaak moet weer die hoofsaak word. Dit gaan oor God se vryspraak in Christus. Dit gaan oor God se vrede in ons lewe, en oor blydskap in die Gees van die Here.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Christenskap  |  Goeie Nuus  |  Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.