Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Benader vreemdes só

Daar’s altyd meer vreemdelinge as bekendes om jou. Hulle ken jou nie . . . of jy hulle nie. Julle weet nie wat mekaar se motiewe of planne is nie. Daarom is daar nie aldag te veel vertroue in die lug tussen julle nie.

Vreemde mense gee jou nie sommer die voordeel van die twyfel nie . . . of jy hulle nie. Ander mense word gou-gou deel van “hulle”. Of van “daardie mense”.

Lig loop vir sulke “vreemdeling-afstande”. Vat altyd 1 Korintiërs 13 se pad. Dié aangrypende hoofstuk oor die liefde sê jy glo en hoop die beste van ander mense. Nee, dit vra nie dat jy hand om die lyf moet loop met dwase en skurke nie. 1 Korintiërs 13 vra wel dat jy as ’n reël nuwe situasies en vreemde mense met openheid en wysheid moet benader. Jy is nie byvoorbaat agterdogtig en wantrouig nie. Jy is belangstellend. Jy kies om hoflik en bedagsaam te wees, soos wat God vra.

As jy só leef, verander sommige vreemdelinge spoedig in vriende. 

Meer oor:  Mense  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.