Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Besluite eerder as voornemens

My dogter werk in die hotelbe

Elmarie Dercksen

dryf. Dit is vir jare al haar passie. In die week gesels ons oor evaluering. Jy weet, daardie gesiggies, gewoonlik vyf in ’n ry met van ’n frons tot ’n glimlag, waarop jy ’n merkie moet maak.

Of die punteskaal van een tot tien, wat ’n maalkolk van sinnelose gedagtes kan veroorsaak: Vyf is darem net vir gepaardgaande met ’n klagte; ses is so draadsitterig; sewe is darem heel goed, soos skoolpunte. As die produk of diens jou geld kos, is ’n mens selde lus om volpunte te gee. Wie wil nou duisende rande vir ’n motorversiening betaal, en dit dan afsluit met ’n sprankelende glimlaggie? Maar as jy nie tien uit tien merk nie, bel hulle jou en vra wat was verkeerd. Dit dryf my tot tandekners.

Maar my dogter lê dit toe vir my mooi uit: In die veelkleurige wêreld van klantediens beteken die getalle vyf tot agt niks nie. Dit is van nul tot gener waarde. Een tot vier beteken jy word geleentheid gebied om te kla, persoon-lik, sodat jou monduitspoel nie op sosiale media of graderingswebtuistes land nie. Daardie is groot skade. Nege en tien is fantasties: Baie dankie, jou skitterende glimlaggie het dollartekens oor sy ogies. Maar vyf tot agt is grys, so onsigbaar soos jou verbeeldingsmaatjie.

Ek protesteer: Mense stem darem nog met hulle voete. Dis meestal hoe dit in die kerk werk. Al gee hulle jou nie op-bouende kritiek of op-duimpies die hele tyd nie, beteken dit mos baie as hulle volgende Sondag weer opdaag, of vol-gende keer weer by jou hotel oorslaap. Jammer, sê sy, dis net nie goed genoeg nie. Dit tel nie. Dis alles of niks.

Dus het ek vanjaar nie voornemens nie. Ek neem bloot besluite.

Dit laat my dink. Nie soseer oor my werk nie, want eredienste alleen is darem nie al wat kerk behels nie. Maar oor my lewe. Januarie is mos voornemenstyd. En ek vermoed daardie vaal getalle vyf tot agt steek stokke in ons speke.

Daar is soveel dinge in ons veelkleurige lewens wat aandag vereis en geprioritiseer moet word, dat ons nie anders kan as om ons aandag te verdeel nie. Ons energie is naderhand dun gesmeer soos margarien op ’n broodjie. Met al die vywe en sesse wat ek moes uitdeel, was die einde van verlede jaar behoorlik vaal. Nie weer nie.

Dus het ek vanjaar nie voornemens nie. Ek neem bloot besluite. Dinge val eenvoudig buite my visie of buite my prioriteite, en hulle kry die fronsgesig-gie. As iemand vra, kan ek verduidelik. Hoekom ek nie my doktorsgraad doen nie. Hoekom ek nie meer elke dag ’n draai op Instagram maak nie. Hoekom ek nie meer spykerhakke dra nie. Maar nie ’n enkele gedagte gaan ek verder vermors op dinge wat dit nie verdien nie.

Die dinge wat dit wel verdien, kry volpunte: Gesonde kos vir my gesin, oefening en opbouende gesprekke. Minder goeters, veral as dit in plastiek verpak is. Lees en dink oor Jesus, meer en meer. Visie en beplanning by die werk. Omgee vir mense wat my nodig het, volledig en volkome. ’n Goeie boek of ’n goeie fliek. Tiek, tiek, tiek.

Die sukses van ’n voorneme lê nie in wilskrag nie, maar in beplanning. Met minder dinge wat hoog op my priori-teitslys is, is dit makliker om goed te beplan aan energie- en tydsbesteding. Ja, vanjaar gaan sy eie uitdagings bring. Niemand van ons sal die politiek of gesprekke daaroor kan vermy nie. Dit is verkiesingsjaar.

Ons gaan mekaar moet bemoedig en help, want almal word moeg. Maar ten minste het ek met volpunt-evaluerings begin, en ek was eerlik oor wat vir my belangrik is.

Ek dink nie Jesus het dinge halfmas gedoen nie. Hy het nie alles gedoen wat mense van Hom verwag het nie, maar Hy was gefokus. Sy ja was ja, en Sy nee eenvoudig nee (Matt. 5:37).

Volledig, volkome, volpunte.

Meer oor:  Nuwe Jaar  |  Nuwejaarsvoornemens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.