Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Beste brandstof, gaan asb. op ’n dieet

Beste brandstof,

Hoor asseblief die klanke van my hulpkrete en voel die druppels van my trane – my huil is soos ’n donderstorm.

Wanneer gaan jy ophou om ons in Suid-Afrika soos ’n kolonialis aan te val?

Piet Matipa

Jou pryse groei vinniger as ’n pandemie. Soos vetselle vermeerder dit teen ’n luiperd se spoed.

Wanneer gaan dit eendag ophou? Wanneer gaan iemand ingryp?

Wie is ons Dawid wat vir jou, brandstof, ons Goliat, met vyf rotse gaan verslaan? So kan dit nie aanhou nie.

Ons gaan binnekort ’n paaiement moet uitneem vir brandstof.

Die banke is op die punt om brandstoflenings te begin. Of is daar reeds so iets?

Jy is soos ’n rondloperkat wat hom tuisgemaak het in my lewe. Ek hou aan om jou te voer met geld en jy hou aan eet, maar die vet weet jy raak net nie dikker nie.

Jou lus word nooit geblus nie. Tevredenheid is nie in sig nie. Jy soek maandeliks, weekliks, daagliks meer van my geld.

Die put is besig om leeg te loop.

Hoekom het ek dan ’n kar, vra jy.

Hou terug met die houding, laat ek verduidelik.

Nes ’n leeu het ek nie die voorreg om my prooi te jag nie. Dit te vang nie. Dit na ’n vinnige dood toe te lei en dan heerlik te smul nie.

Glo my, as ek onder ’n boom of in ’n gat kon slaap, sou ek. As ek water uit ’n dam of ’n rivier kon drink, sou my lippe nooit kraak van droogte nie.

My kos het ’n yskas nodig. My kos moet gaar wees. My kos is in winkels en moet gekoop word.

Dit vat geld, want kos is nes jy besig om al hoe duurder te word.

Ek beveel sterk aan jy gaan op ’n eetplan. Minder is beter. Matigheid voor oë. Ek kan jou nie langer met munte en note voer nie.

Ek moet in ’n gebou slaap met elektrisiteit en water. Wat ook geld vreet.

Ek het nie ’n pels om my te beskerm teen die winter se aggressie nie. Ek bly buitendien in Suid-Afrika. My deure moet tralies hê, want mense besteel mekaar.

Om aan die lewe te bly moet ek werk. Om by die werk te kom moet ek ry. Maar jy, liewe brandstof, is soos ’n doelwagter. Jy probeer jou bes om my te keer.

Hoekom? Ek het niks aan jou gedoen nie.

Ek wil vandag vir jou vra om op ’n lewenslange dieet te gaan wat jou prys betref. Ek hoor ’n dieet is moeilik aan die begin, maar aanhouer wen.

Jy gaan aanvanklik die pad wil byster raak en aanhou eet aan my note, maar met dissipline gaan jy jou honger oorwin.

Jy gaan gewoond raak aan matigheid, want gulsigheid is mos deel van die sewe sondes (dink ek).

As jy eet net wat jy nodig het, gaan jy baie beter voel. Skielik gaan jy baie energie hê. Mense. veral ek, gaan jou ontsaglik aantreklik vind. Jy gaan almal se tipe wees.

Ek beveel sterk aan jy gaan op ’n eetplan. Minder is beter. Matigheid voor oë. Ek kan jou nie langer met munte en note voer nie.

Hou flippen op. Dankie.

Meer oor:  Piet Matipa  |  Menings  |  Brandstofpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.