Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
‘Beter plek’ vs. God

“Hy is darem nou op ’n beter plek.”

“Sy is tussen bemindes in die hemel.”

Soms hoor jy sulke opmerkings nadat mense gesterf het. Interessant genoeg beskryf die Nuwe Testament God se wêreld heel eerste in terme van sy eie teenwoordigheid en nie in terme van die “beter plek” wat daar wag nie. Of in terme van al die familiereünies wat blykbaar daar gaan plaasvind nie.

Dit gaan oor God. Dit gaan oor sy troosvolle teenwoordigheid by al sy mense, nie soseer oor ’n mooi ewige blyplek nie. Dit gaan nie heel eerste oor goue strate en ewige vyfster-verblyf wat in daardie “beter plek” op ons wag nie.

Lewe, hier en nou, maar ook lewe daar aan die ander kant word deur Jesus se teenwoordigheid gedefinieer.

Hy is lewe. Hy is ook die een oor wie egte lewe handel. Jesus is Immanuel. Hy is dit nou reeds. Hy is oorgenoeg.

As Jesus nie hier genoeg is nie, dan sal die lewe daar aan die ander kant ’n eindelose teleurstelling wees.

Meer oor:  Geloof  |  Dood  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.