Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Bid as jy moeras tref

Wanneer die profeet Jona in die ingewande van ’n see-gedierte beland in hoofstuk 2 van sy profetiese boek, bid hy soos nooit tevore nie. Sy hart breek oor sy eie ongeloof en ongehoorsaamheid. Jona werp homself in die arms van God in die hoop dat hy genade sal ontvang. Hy weet dit maak nie saak hoeveel keer ons die pad vat weg van die Here af nie, Hy bly genadig.

Ook wanneer ons gestroop van onsself voor die Heer staan, is daar nogmaals ’n oop hand wat na ons uitgestrek word.

Maak nie saak hoe diep ons val nie, Hy is steeds vol ontferming. Om saam met Jona berouvol voor die Heer te buig, is om te beleef die hemele is oop. Dit is om vir die hoeveelste keer te drink uit die beker van vergifnis en genade. God is goed. Aan sy liefde en ontferming is daar geen einde nie.

Ook wanneer ons gestroop van onsself voor die Heer staan, is daar nogmaals ’n oop hand wat na ons uitgestrek word. In ons eie donker put is daar altyd ’n hemelse reddingstou te vind. 

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus  |  Bid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.