Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Bietjie laat is baie laat

Ek sit by die lughawe en wag vir ’n vlug. Iemand kom vra my of ek vir dieselfde vlug wag as hy. Nee, sê ek, sy vlug se passasiers is al op die vliegtuig en die hek is reeds gesluit. Hy is merkbaar ontsteld. “Ek is net ’n bietjie laat,” probeer hy die grondpersoneel wysmaak. Ek kry hom jammer.

Maar bietjie laat is hierdie slag baie laat. Dis te laat. Die vliegtuig se deure is reeds toe. Laat kom het ons almal al oorgekom. Soms is dit nie ons skuld nie, en soms is dit. Maar laat kom en laat wees het slegte gevolge.

Ook by die Here. Jesus vertel juis in Matteus 25 van vyf jong meisies wat nie olie in hul lampe gehad het om na die feesmaal te stap toe die bruidegom in die middel van die nag opgedaag het nie. Toe mis hulle die fees. Toe mis hulle die Here. Wat ’n mis! Moenie dat dit jou oorkom nie. Loop naby Hom. – Stephan Joubert

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.