SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Blaas die fluitjie hard

Alles word ontwrig wanneer mense tydens betogings in die strate amok maak. Maar daardie geweld agter geslote deure is nog meer ontwrigtend. Ek praat van geweld teen kinders en vroue.

Dit breek God se hart. Hy sê in Psalm 146 dat weerlose mense soos weduwees en weeskinders onder sy geliefdes tel. Hy kan dit nie vat dat mense hulself aan ander mense vergryp nie, wat nog te sê vroue en kinders. Hy verwag van ons om altyd in die bres te tree vir sulke mense. Doen dit asseblief.

Blaas die fluitjie hard as jy weet van sulke vergrype iewers in jou omgewing. Doen net iets. Sorg dat geregtigheid geskied, God s’n. Wees ’n stem vir die stemloses. Help diegene wat verdruk word. Ondersteun die swakkes. Gee om vir weerloses. Doen elke dag wat reg is in God se oë.

Onthou die woorde van Jakobus 1:25 dat ware godsdiens in God se oë is om weeskinders en weduwees te besoek en om jou eie lewe rein te hou. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.