Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Bou liewer ander op

Een van die goorste dinge wat met jou in die openbaar kan gebeur, is om verneder te word. Om só uitgehaal te word, is anders as gesonde kritiek. Ons moet oppas dat ons nie oorsensitief raak en later geen kritiek meer kan vat nie.

Prediker 8 sê juis dit is beter om ’n teregwysing van ’n wyse mens te aanvaar as die heuningsmeerdery van ’n dwaas. Ons het ander stemme nodig om ons lewe op God se goeie koers te hou. Anders raak ons immuun teen raad, onderrig of teregwysing. Dit is ’n gevaarlike plek om te wees.

Die Spreukeboek sê wyse mense luister altyd na opbouende raad, selfs al pas dit hulle nie. Hulle oordink dit in hul harte. Omring jouself met sulke raadgewers. Wees self ook iemand wat mense help en soms teregwys op opbouende maniere. Moenie verneder nie, bou op. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.