Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Christen-middelklas of net gewoon gelowig?

“Ek is ’n Christen-sakeman.” So stel iemand homself voor. Toe wonder ek of ek myself moet voorstel as “Christen-middelklas” of so iets. Ons is lief vir sulke dubbeldoor terme wanneer ons geloof ter sprake is.

Jy hoor dikwels van Christen-sportmanne, Christen-onderwysers, Christen-beraders, of Christen-Afrikaners. Die Nuwe Testament ken egter net Christene. Ons het net een identiteit in die Here, of ons nou ryk is of arm, Afrikaans of Engels, vrou of man. Jesus is ons identiteit. Dubbele identiteite het die Here se saak al baie duur gekos. Te veel kere het kultuur en volk die binnebaan gekry as sulke terme gebruik is. Of sakebelange. Of sport.

Ons kan nie die lewe deur verskillende lense bekyk as ons onsself as Christus-navolgers beskou nie. Hy is ons lewe, ons vernaamste identiteit. So nie, gaan ons kompromieë maak met ander identiteitsmerkers. Ons is nie uitverkoop aan ons beroep, kultuur of sport nie. Ons identiteit vind ons in die Here. 

Meer oor:  Christenskap  |  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.