Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Christus is die weg na ware vrede

Die wêreld het ’n verwronge gedagte van vrede. Baie dikwels word daar gesê dat jy nie jou broer moet vermaan oor iets nie, want netnou versteur jy die vrede.

Ons vind juis die teenoorgestelde gedagte in ons gelese gedeelte. In 2 Tess. 3:6-15 vermaan Paulus die gemeente in die Naam van Jesus Christus om nie te meng met mense wat onordelik wandel en nie lewe volgens die wil van God nie. Die gemeente het die taak om hierdie mense te vermaan; hy verwys spesifiek na mense wat leeglê en nie werk nie.

In vers 13 kom daar ’n baie persoonlike vermaning van Paulus aan die gemeente: “Moenie moeg word om goed te doen nie.” Hy roep die gemeente op om nie nalatig te word nie, maar hulle roeping in die gemeente uit te voer.

Hulle het ’n besonderse roeping teenoor die mense in die gemeente wat nie reg lewe nie. Ons elkeen het die taak om die mense rondom ons te vermaan en in liefde met hulle die pad van die kerklike tug te stap.

Nadat Paulus die gemeente vermaan het, bid hy vir hulle. Dit is merkwaardig dat hy hulle in die Naam van die Here Jesus vermaan, en nou bid hy vir hulle in die Naam van ons Here Jesus. “Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!”

Vrede gaan nooit vir een oomblik in teen ons roeping om te vermaan nie, maar is juis die weg waarop die Here ons roep om in Jesus Christus vrede te vind.

Christus bewerk vir ons vrede aan die kruis en ons kan vrede ervaar, want Hy is met ons. Hoe is Hy met ons? Deur sy Heilige Gees wat in ons woon.

– Teologiese student Kosie Henning. Uit: Dagstukkies van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

V Uit die Woord: Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees! – 2 Tess. 3:16

Meer oor:  Geloof  |  God  |  Sielsgoed  |  Vrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.