Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Christus ontwapen só die duiwel

Israel sing ’n nuwe lied. Hulle het die Here met die lied geëer, want Hy het hulle gered. Hulle was swak en hulpeloos, maar God het hulle daarvan verlos. Die digter sê nie wat hulle hulpeloos gelaat het nie. Miskien was dit ’n oorlog of ballingskap.

Hulle bring eer aan hul Maker en Koning, want Hy is ’n goeie Koning wat hulle red van hulle vyande en sorg dat hulle in vrede kan leef.

Hulle is gemotiveer om die stryd verder aan te sê. Hulle is gewapen met tweesnydende swaarde. Hulle besef dat dit nie hul stryd is nie. God het reeds die uitkoms daarvan vasgestel en Hy gebruik hulle om die stryd te voer. Hulle prys Hom daarvoor.

Hierdie Psalm wys vooruit na die grootste verlossing van alle tye. Jesus Christus het mens geword om hulpeloses, afhanklikes, treurendes, sagmoediges, hongeriges en dorstiges te red (vgl. Matteus 5: 1-12). Hy het die hoogste prys betaal om ons te red. Hy is aan ’n kruis vasgespyker en deur God verlaat om elke hulpelose wat na Hom toe vlug, te red.

Ons Here het oorwin en die duiwel se grootste wapen, die dood, van hom weggevat. Hy het die dood oorwin, opgevaar na die hemel en heers nou as Koning. Die duiwel is besig met sy laaste stuiptrekkings voordat die stryd finaal afgehandel is.

God rus ons toe vir die stryd. Hy gee vir ons die swaard van die Gees, die woord van God (Efesiërs 6:17) om onsself te verdedig, maar ook om die duiwel aan te val.

Ons val aan deur die goeie boodskap aan hongeriges en dorstiges te bring. So breek God se koninkryk ál meer deur.

Ons kan nou reeds ’n nuwe lied sing en God prys, want ons weet reeds wat die afloop gaan wees. - Ds. Edmund de Beer (Laeveld), Uit GKSA-kalender 2020.

Uit die Woord: Die Here is goed vir sy volk, Hy kroon die hulpeloses met oorwinning.– Psalm 149:4

Meer oor:  Sielsgoed  |  Stille Uur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.