Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Deur geloof is daar hoop op ewige rus

Deur volhardende geloof is daar hoop op die ewige sabbatsrus (die hemelse heerlikheid en uiteindelik die nuwe aarde) as erfdeel, leer ons in Hebreërs 3:19 tot 4:1.

Soos sommige uit Israel nie hulle sabbatsrus in Kanaän ontvang het nie – vanweë ongeloof – waarsku God sal net hulle wat volhardend glo (vandag en tot die einde toe) die ewige rus ontvang.

Hoop, nie net vir hulle wat lewenslank onder die geklank van die Woord was nie, maar slegs vir hulle wat die weldade van God in die geloof aanneem (Heidelbergse Kategismus, Sondag 7).

Die Israeliete het uit Egipte getrek, maar almal het nie die rus van Kanaän ingegaan nie.God het ’n eed gesweer dat almal nie sal ingaan nie. Waarom? Weens hulle hardkoppigheid teen God, hulle opstandigheid teen Hom, hulle beproewing en uittarting van die Here.

Vir 40 jaar het hulle gesien wat God vir sy volk gedoen het. Hulle het hom uit sy dade leer ken. En tog het daar ’n verkeerde gesindheid van ongeloof ontstaan. Ongeloof is sonde – sonde tot die dood.

Daar is egter nog ’n sabbatsrus. Anders sou die Woord nie weer daarvan gepraat het nie. Dit is die ewige sabbatsrus, die heerlikheid wat aan ons ter wille van Jesus beloof is. Dit wag in die toekoms, maar die klem lê hier veral op ’n optrede in die hede: “Vandag, as julle sy stem hoor . . .”

God roep elkeen wat vandag hoor tot ware geloof in Jesus Christus – ’n geloof wat nie vanweë beproewing en teëspoed prysgegee word nie, en ook nie ’n skyngeloof sonder liefdesdade nie.

Soos sommige uit Israel nie hulle sabbatsrus in Kanaän ontvang het nie – vanweë ongeloof – waarsku God sal net hulle wat volhardend glo (vandag en tot die einde toe) die ewige rus ontvang.

  • Dr. W.C. (Callie) Opperman (emeritus) in GKSA Almanak 2019 se Dagstukkies. V Uit die Woord: Oor wie anders as dié wat ongehoorsaam was, het Hy ’n eed afgelê dat hulle nie in sy rus sou ingaan nie? Ons sien dus dat hulle as gevolg van hulle ongeloof nie in sy rus kon ingaan nie. – Heb. 3: 18, 19
Meer oor:  Stille Uur. Geloof  |  Ewige Rus  |  Hoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.