Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Die Bybel sê mos (nie) só (nie)!

‘Die Bybel sê mos: ’n oog vir ’n oog . . . !”

En hy woed voort, soos ’n verontregte mens maar maak. Maar ek luister nie meer nie.

Die Bybel sê mos . . .

Barend Vos

Ek dink dis daardie “mos” wat my keer op keer soos ’n vuishou in die maag tref.

Daardie sekerheid oor sy insig, die vaste oortuiging dat sy voorgenome optrede in die haak is.

O, en die vanselfsprekendheid van sy verwysing na die Skrif-as-karwats.

Nee, ek is nie kwaad vir hom nie – hoe kan ek wees?

Hy praat dan soos feitlik al ons men-se praat. Kerkmense. Mense wat die By-bel op hul bedkassie het en dit Sondae kerk toe dra. Wat grootgeword het met die heiligheid van die Heilige Skrif op hul hart geskryf.

Dis tog hulle, hierdie Bybel-mense, wat om elke moeilike hoek en vreemde draai sê: “Die Bybel sê mos . . .”

Oortuig van die onafwendbaarheid van alles. Selfversekerd oor die bood-skap wat hulle tog kén. Soms verwond deur die Bybel-as-noodlotbepaler.

En feitlik elke keer heeltemal ver-keerd.

Bloot ’n vinnige ondersoek na die ge-deelte wat so vinnig-vinnig aangehaal word, wys dikwels die opsigtelike fout uit.

Die maklike verwysing is soms dood-gewoon foutief; die Bybel “sê” dit beslis nié. En merendeels verskil die konteks waarin die Bybel dit dan sou “sê” he-melsbreed en dikwels hél-wyd van dit waarna die allesweter (en die slagoffer) verwys.

Hoekom is ons mense so lief om sulke onnadenkende, veralgemenende uit-sprake te maak? Wat wil ons daarmee bewys? Wie wil ons probeer oortuig, en hoekom? En het ons hierdie “sê”-ding regtig nodig om krag aan ons oortui-gings of argumente of selftroos te gee?

Kom so iets nie gevaarlik naby aan die misbruik van God se Naam en dus ’n oortreding van die derde gebod nie?

Kom so iets nie gevaarlik naby aan die misbruik van God se Naam en dus ’n oortreding van die derde gebod nie?

Ek skud hierdie donker gedagtes van my af en konsentreer weer op wat my gespreksgenoot alles kwytraak. Ek hoor sy ongelukkigheid. Sy woede omdat hy te na gekom voel. Al die wraakgedagtes oor die onregplegers.

Ek is bitter jammer vir hom, sit my arm om sy skouers, waag nie troos-woorde nie. Wat kan ek nou eintlik sê? Maar ek probeer tog, woordeloos, aan hom wys dat sy seerkry ook myne is.

Later, toe hy weg is, wonder ek opnuut hoe ek hom kan help. Die dok-ter sal seker ’n pilletjie hê vir sy de-pressiewe gevoelens, sy vrou dalk raad vir sy aggressie. Maar hoe kan die do-minee, die sogenaamde Bybel-ekspert, hom help?

Hoe kan ek hom keer om die Bybel te gebruik om homself te treiter?

Miskien moet ek en hy saam by ’n oop Bybel gaan sit. Dalk kan ons eers ’n kruis uit karton sny en dit tussen Ma-leagi en Matteus plak. Sodat ons som-mer met die oopmaakslag kan weet waar lê die skeiding tussen die Ou en Nuwe Testament. Voor en ná Christus. Ons kan seker ook gou praat oor die verskillende genres in die biblioteek wat ons “Bybel” noem.

Dan kan ons dalk na Matteus 5 blaai, daar by Jesus se Bergpreek, en lees hoe Hy die Ou Testament hanteer.

Miskien laat dit ons ons ore spits as ons Hom telkens hoor sê, soos in ’n bevrydende refrein: Julle het gehoor hoe daar destyds gesê is, maar Ék sê vir julle . . .

Dalk laat dit my vriend se las effens skietgee en maak dit sy juk op ’n ma-nier sagter. En dalk, wie weet, sal ek en hy voortaan mooier dink voordat ons sommer weer laat waai met “die Bybel sê mos . . .”

Dalk sal ons eers probeer vasstel wat Jesus oor dit alles sou sê. Want dis wat Jesus-volgelinge éintlik wil weet. Mos.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.