Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Dié doodsonde het dalk ’n baie dieper oorsaak

In Oktober 1941 lewer die Engelse skrywer Dorothy Sayers (1893-1957) ’n voordrag by ’n byeenkoms van die Public Morality Council (’n organisasie gestig “to combat vice and indecency in London”). Sayers – bekend vir haar speurverhale en vertaling van Dante se Divine Comedy – praat by dié geleentheid oor “The Other Six Deadly Sins”. Sy ontleen haar titel aan ’n opmerking van ’n jong man teenoor haar dat hy nie geweet het dat daar sewe doodsondes is nie. Van wellus was hy bewus, maar nie van die ander ses nie.

In haar voordrag – later gepubliseer in Creed or Chaos? (1949) – daag Sayers die verskraling van die gesprek oor openbare moraliteit tot seksuele onsedelikheid uit.

Sy verdeel die tradisionele sewe doodsondes in twee groepe en praat van “warm-hearted or disreputable sins” (woede, vraatsug en wellus) en “cold-hearted and respectable sins” (hoogmoed, jaloesie, gierigheid en trae ongeërgdheid). Sayers noem verder dat Christus se sterkste berisping eintlik teen die “koudhartige sondes” was, terwyl die Fariseërs en die keiser veral eersgenoemde groep sondes veroordeel het.

Daarom dat sy wonder of die wydstrekkende sonde van acedia nie dalk die oudste en gevaarlikste van die doodsondes is nie.

In haar bespreking van een van die “ander doodsondes” wat in Latyn acedia genoem word (“sloth” of traagheid, apatie, afsydigheid) skryf Sayers: “It is the accomplice of the others sins and their worst punishment. It is the sin that believes in nothing, cares for nothing, seeks to know nothing, interferes with nothing, finds purpose in nothing, lives for nothing, and only remains alive because there is nothing it would die for.”

Sayers maak dié opmerking tydens die Tweede Wêreldoorlog en waarsku dat krampagtige aktiwiteite juis as kamoeflering kan dien vir wat sy die “leë hart, brein en siel van acedia” noem. Ons kan dink, skryf sy, dat die oorlog ons spaar van die versoekinge van traagheid, maar soos die oorlog voortsleep neem dit op ’n dieper vlak die vorm aan van ’n verlammende moegheid, wanhoop en doelloosheid. Daarom dat sy wonder of die wydstrekkende sonde van acedia nie dalk die oudste en gevaarlikste van die doodsondes is nie.

Die Trappiste-monnik Thomas Merton (wat goed met die versoeking van acedia bekend was, soos beskryf in Donald Grayson se boek Thomas Merton and the Noonday Demon) onderstreep ook die diepgrondige aard van acedia. In een van sy geskrifte oor die klooster-tradisie skryf hy dat dit meer inhou as die triestigheid wat moeilike maatskaplike omstandighede meebring: “Acedia is rather the sadness, the disgust with life, which comes from a deeper source – our inability to get along with ourselves, and our disunion with God.” 

Meer oor:  Geestelike Waardes  |  Rrv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.