Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Die drie pilare van ware geluk wat hou

Iewers lees ek van ’n gesin wat emigreer omdat hulle op soek is na ’n stukkie geluk daar oorkant die waters. ’n Klompie Bybeltekste het vir hulle bevestig dat hulle daar gelukkig gaan wees. Toe wonder ek hoekom maak hul geloof hulle nie vanself gelukkiger nie. Hoekom moet ’n nuwe adres dit eers doen?

Hier het jy die drie pilare van geluk: om vrygespreek te wees voor God, om vrede te hê in Christus en om sy vreugde te ken.

Maar toe onthou ek C.S. Lewis se opmerking dat die meeste mense eintlik net genoeg van God af weet om ongelukkig te wees, nie gelukkig nie!

Die meeste mense glo geluk lê opgesluit in meetbare dinge, soos die wen van die lotto of ’n droomhuis. Of om ’n glanspersoonlikheid te wees. Of om veilig te wees. Geluk is vir die meeste soos daardie spreekwoordelike pot vol goud aan die einde van die reënboog. Dit bly altyd buite hul bereik.

Ons as navolgers van die Here­ moet daarom vir onsself duidelikheid kry oor wat egte vreugde is, anders gaan ons lewenslank saam met U2 sing: “I still haven’t found what I’m looking for!”

Romeine 14:17 bied die sleutel. Paulus skryf hier: “Die koninkryk van God is nie ’n saak van eet en drink nie, maar van vryspraak, vrede en blydskap in die Gees.”

Hier het jy die drie pilare van geluk: om vrygespreek te wees voor God, om vrede te hê in Christus en om sy vreugde te ken. Glo dit. Jaag dit na. Leef dit. Dan is jy ’n gelukkige mens. So nie, gaan geen plek op aarde baie lank lekker wees nie.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Geloof  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.